MATTEUS 2:14-15
MATTEUS 2:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Josef het toe opgestaan en nog daardie selfde nag met die Kindjie en sy ma na Egipte toe vertrek. En hulle het daar gebly tot Herodes se dood. So is vervul wat die Here deur die profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”
MATTEUS 2:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Josef het toe opgestaan. Hy het die Kindjie en sy ma in die nag saam met hom geneem en hulle het na Egipte gegaan. Hulle het in Egipte gebly totdat Herodes gesterf het. Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat die Here gesê het. Die profeet het geskryf: “Die Here het gesê: Ek het my Seun uit Egipte geroep.”
MATTEUS 2:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het toe opgestaan, die Kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.
MATTEUS 2:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”
MATTEUS 2:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef het toe gereedgemaak en gedurende die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte vertrek. Hy het daar gebly tot Herodes se dood, sodat die woorde vervul sou word wat die Here deur die profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.”
MATTEUS 2:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe hy opstaan, het hy die kindjie en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek. En was daar tot die dood van Herodes, sodat vervul sou word wat deur die profeet van die Here gespreek is deur te sê: Uit Egipte het Ek my seun geroep.
MATTEUS 2:14-15 Die Boodskap (DB)
Josef het dadelik opgestaan, vir Maria wakker gemaak en inderhaas met haar en Jesus in die middel van die nag uit die dorp padgegee. Hulle het na Egipte toe gegaan. Daar het hulle gebly tot na Herodes se dood. Op hierdie manier het ’n belangrike uitspraak van Hosea waar geword. Die Here het vroeër deur hom gesê: “Uit Egipte het Ek my Seun laat haal.”