MATTEUS 19:25-26
MATTEUS 19:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe hulle dit hoor, was die dissipels totaal verbysterd. “As dit so is, wie kan dan hoegenaamd verlos word?” het hulle gevra. Daarop het Jesus hulle aandagtig aangekyk en gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik!”
MATTEUS 19:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: “Wie kan dan gered word?” Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”
MATTEUS 19:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die dissipels dit hoor, was hulle heeltemal uit die veld geslaan en het gesê: “Wie kan dan gered word?” Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik. ”
MATTEUS 19:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Toe die dissipels dit hoor, was hulle verbaas en hulle het gesê: “As dit so is, wie sal dan kan inkom waar God Koning is?” Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het vir hulle gesê: “Mense kan nie self inkom nie, maar God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”
MATTEUS 19:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verslae en sê: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
MATTEUS 19:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dissipels dit hoor, het dit hulle geweldig ontstel, en hulle het gesê: “Wie kan dan gered word?” Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”
MATTEUS 19:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die dissipels dit hoor, was hulle heeltemal uit die veld geslaan en het gesê: “Wie kan dan gered word?” Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik. ”
MATTEUS 19:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sy dissipels dit hoor, was hulle baie verbaas en sê: Wie kan dan gered word? Maar Jesus het hulle aanskou en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik; maar by God is alle dinge moontlik.
MATTEUS 19:25-26 Die Boodskap (DB)
Jesus se woorde het die dissipels se voete onder hulle uitgeslaan. Verbysterd vra hulle Hom toe: “Maar wie op aarde kan dan gered word? Hoe sal iemand ooit ’n plek in God se wêreld kry?” Jesus het hulle stip aangekyk. Toe sê Hy vir hulle: “Ja, julle is reg. Op julle eie kan julle nooit daar uitkom nie. Maar God kan enigiets doen. As julle op Hom vertrou, sal Hy sorg dat julle wel in sy wêreld inkom.”