MATTEUS 18:9
MATTEUS 18:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en gooi dit van jou weg! Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om twee oë te hê en in Gehenna met sy vuur gegooi te word.”
MATTEUS 18:9 Die Boodskap (DB)
“Pluk jou oog uit en gooi dit dadelik weg as jy agterkom dat jy op die verkeerde manier daarmee kyk. Leef eerder met een oog, al is dit baie swaar. Sondige kyke gaan jou in elk geval net in die hel laat beland. En wat help dit jou om in die hel baie goed te kan sien?”
MATTEUS 18:9 Bybel vir almal (ABA)
As dit jou oog is wat jou laat ophou glo, ruk dit uit en gooi dit weg. Dit is beter om net een oog te hê en die ewige lewe te kry, as om met twee oë in die hel te brand.”
MATTEUS 18:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word.
MATTEUS 18:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.”
MATTEUS 18:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en gooi dit van jou weg! Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om twee oë te hê en in Gehenna met sy vuur gegooi te word.”
MATTEUS 18:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jou oog jou aanstoot gee, ruk dit uit en gooi dit van jou weg; dit is beter vir jou om met een oog in die lewe in te gaan, eerder as om twee oë te hê om in die hel vuur gewerp te word.