MATTEUS 18:2-5
MATTEUS 18:2-5 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het 'n kindjie geroep om nader te kom en Hy het die kindjie voor hulle laat staan. Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet julle hele lewe verander en soos kinders word. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, God die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat soos hierdie kindjie dink hy is nie belangrik nie, hy sal die belangrikste mens wees oor wie God regeer, God wat in die hemel is. En wanneer iemand vir een so 'n kindjie wat aan My behoort, sê hy is welkom, dan sê so iemand Ek is ook welkom by hom.”
MATTEUS 18:2-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My
MATTEUS 18:2-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
MATTEUS 18:2-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het toe 'n kindjie nader geroep, hom tussen hulle laat staan en gesê: “•Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Wie homself dus gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemele. En wie een so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”
MATTEUS 18:2-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus het 'n kindjie na hom geroep en hom in hulle midde gesit, en gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie bekeer word en soos kindertjies word nie, sal julle nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele. En elkeen wat so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.
MATTEUS 18:2-5 Die Boodskap (DB)
Toe doen Jesus ’n vreemde ding. Hy roep een van die kindertjies wat daar rondspeel nader. Hy laat dié toe tussen hulle staan en sê: “Ek gaan julle nou een van die belangrikste lesse van julle hele lewe leer. Kyk, julle moet verander en weer soos hierdie kindertjies word, anders sal julle nooit die binnekant van my Vader se nuwe wêreld sien nie. Kindertjies is nederig. Hulle dink nie te veel van hulleself nie. Hulle het respek vir ander. Julle moet ook so leef. Julle moet julle eie belange tweede stel en ander mense respekteer, dan is julle die belangrikste in God se nuwe wêreld. “Elkeen wat een van hierdie kindertjies soos ’n vriend ontvang en hom goed behandel, ontvang My ook as vriend en behandel My goed.
MATTEUS 18:2-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus roep toe ’n klein kindjie nader en laat dié tussen hulle staan. Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie. “Daarom is elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word die belangrikste in God se koninkryk. En elkeen wat ’n kindjie soos hierdie een ter wille van My verwelkom, verwelkom My.