MATTEUS 18:19-20
MATTEUS 18:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle nog iets, en dit is seker: Wanneer twee van julle hier op aarde bid en saamstem oor enige iets wat julle vir God vra, dan sal my Vader wat in die hemel is, dit vir hulle gee. Want waar twee of drie van julle bymekaar is om My te aanbid, daar is Ek by hulle.”
MATTEUS 18:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
MATTEUS 18:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”
MATTEUS 18:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verder, amen, Ek sê vir julle: As twee van julle op aarde saamstem oor enigiets wat julle vra, sal my Vader in die hemele dit aan julle toestaan. Want waar twee of drie in my Naam byeen is, daar is Ek in hulle midde. ”
MATTEUS 18:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weer sê Ek vir julle, dat as twee van julle op aarde saamstem oor enigiets wat hulle sal vra, dit vir hulle gedoen sal word deur my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam bymekaar is, daar is Ek in hulle midde.
MATTEUS 18:19-20 Die Boodskap (DB)
“Ek het nog goeie nuus vir julle. As twee van julle saamstem oor enige saak wat swaar op julle hart lê en julle gaan praat met my hemelse Vader daaroor, sal julle gebed verhoor word. Julle sal kry wat julle gevra het. Onthou: Ek is altyd by julle, selfs daar waar net twee of drie van julle in my Naam bymekaarkom om te bid.”