MATTEUS 17:15-20
MATTEUS 17:15-20 Bybel vir almal (ABA)
en gesê: “Here, U moet asseblief jammer wees vir my seun, want hy kry epileptiese aanvalle en hy kry baie swaar. Hy val baie maal in die water of in die vuur. Ek het hom na u dissipels toe gebring en hulle kon hom nie gesond maak nie.” Jesus sê toe: “Julle glo nie en julle het sleg geword! Hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek nog geduldig wees met julle? Bring die seun hiernatoe, bring hom na My toe.” Jesus het hard met die onrein gees gepraat. Die duiwel het toe uit die seun uitgegaan en hy het dadelik gesond geword. Die dissipels het na Jesus toe gekom en toe hulle alleen by Hom was, het hulle vir Hom gevra: “Hoekom kon ons nie die onrein gees uitjaag nie?” Jesus sê toe vir hulle: “Dit is omdat julle nie genoeg glo nie. Ek sê vir julle, en dit is seker: As julle 'n bietjie geloof het, so klein soos 'n mosterd-saadjie, dan sal julle vir hierdie berg kan sê: ‘Gaan weg, gaan na 'n ander plek,’ en die berg sal gaan. Julle sal alles kan doen.”
MATTEUS 17:15-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. En ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie. Toe antwoord Jesus en sê: O Ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees, hoe lank sal Ek julle verdra? Bring hom hier vir My. Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af. Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie? En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
MATTEUS 17:15-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “Here, ontferm U tog oor my seun, want hy is geestelik versteurd en hy ly verskriklik. Hy val dikwels in die vuur en dikwels in die water. Ek het hom al na u dissipels toe gebring, en hulle kon hom nie gesond maak nie.” “Ongelowige en ontaarde geslag,” het Jesus gesê, “hoe lank moet Ek nog saam met julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier vir My!” Jesus het die bose gees skerp aangespreek, en die bose gees het van die seun af weggegaan. Van daardie oomblik af het die seun gesond geword. Die dissipels het toe alleen na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom kon ons hom nie uitdryf nie?” “Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”
MATTEUS 17:15-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en gesê: “Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly erg. Dikwels val hy in die vuur, en dikwels in die water. Ek het hom na u dissipels gebring, maar hulle kon hom nie gesond maak nie.” Toe antwoord Jesus: “O, ongelowige en ontaarde geslag, hoe lank moet Ek nog by julle bly? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom na My toe!” Daarop het Jesus die demoon bestraf, en hy het uit hom uitgegaan. Van daardie oomblik af was die seun gesond. Jesus se dissipels het toe eenkant na Hom gekom en gevra: “Waarom kon ons dan die demoon nie uitdryf nie?” Hy het hulle geantwoord: “Vanweë julle kleingeloof. •Amen, Ek sê vir julle: As julle geloof het soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê, ‘Verplaas jou hiervandaan daarheen,’ en hy sal soontoe verskuif. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie. ”
MATTEUS 17:15-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Here, ontferm U oor my seun, want hy is kranksinnig en baie kwaad, want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water. En Ek het hom na u dissipels gebring, en hulle kon hom nie genees nie. Toe antwoord Jesus en sê: O ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees? hoe lank sal ek jou verdra? bring hom hier na my toe. En Jesus het die duiwel bestraf; en hy het van hom af weggegaan, en die kind is van daardie selfde uur af genees. Toe kom die dissipels apart na Jesus en sê: Waarom kon ons Hom nie uitdryf nie? En Jesus sê vir hulle: Deur julle ongeloof; want voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad, moet julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan na daardie plek; en dit sal verwyder word; en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
MATTEUS 17:15-20 Die Boodskap (DB)
“Here, help my seun, asseblief,” het hy gesmeek. “Hy ly verskriklik. Ek dink hy is in die mag van ’n bose gees. Hy kry sulke snaakse aanvalle. Dan val hy op die grond neer. Hy het al ’n paar keer in ’n vuur of in die water beland wanneer dit gebeur. As dit so aanhou, is hy binnekort dood. Ek het hom na u dissipels toe gevat, maar hulle kon niks vir hom doen nie.” Jesus draai om na sy dissipels toe en sê vir hulle: “Julle ongelowiges! Hoeveel keer moet Ek dieselfde dinge oor en oor sê en doen voordat julle sal glo? Dit kan nie langer so aangaan nie! Kry julle lewens in orde. My geduld is nou besig om op te raak.” Jesus sê toe vir die man: “Bring gou die seun hier.” Toe die seun by Jesus kom, het Hy die bose gees beveel om uit hom pad te gee. In ’n oogwink was die bose mag weg. Die seun was dadelik gesond. Kort daarna, toe hulle alleen was, het die dissipels halfverleë na Jesus toe gekom. “Hoekom kon ons nie daardie duiwel uit die seun verdryf nie?” het hulle Hom gevra. “Omdat julle geloof te klein is,” het Hy reguit geantwoord. “Julle maak nie erns met God nie. Weet julle, as julle geloof in Hom maar net so groot soos ’n klein mosterdsaadjie is, sal julle onmoontlike dinge regkry. Dan sal julle enige struikelblok in julle lewe kan oorkom, hoe groot dit ook al is. Julle sal selfs vir hierdie berg kan sê: ‘Skuif uit die pad uit!’ dan sal dit gebeur. Niks is onmoontlik vir mense wat op God vertrou nie.”
MATTEUS 17:15-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê: “Here, ontferm U oor my seun! Hy kry epileptiese aanvalle en hy ly verskriklik. Baie maal val hy in die vuur of in die water. Ek het hom na u dissipels toe gebring, maar hulle kon hom nie gesond maak nie.” Jesus se reaksie was: “O julle ongelowige en ontaarde mense! Hoe lank sal Ek dit nog by julle uithou? Bring die seun hier.” Daarop het Jesus die bose gees in die seun skerp aangespreek en dit het hom verlaat. Onmiddellik was die kind gesond. Agterna het die dissipels Jesus privaat gevra: “Waarom kon ons nie die bose gees uitdryf nie?” “Julle geloof was nie sterk genoeg nie,” was Jesus se antwoord. “Dít verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen. Ja, niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”