MATTEUS 15:7-8
MATTEUS 15:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Julle is skynheilig. Dit is waar wat die profeet Jesaja oor julle gesê het. Hy het gesê: “ Hierdie volk sê hulle respekteer My, maar dit is nie waar nie, hulle harte is ver van my.
MATTEUS 15:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
MATTEUS 15:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het: “Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af.
MATTEUS 15:7-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Skynheiliges, Jesaja het tereg oor julle geprofeteer, “ ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af
MATTEUS 15:7-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Geveinsdes, goed het Jesaja van julle geprofeteer deur te sê: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met hulle lippe; maar hulle hart is ver van my af.