MATTEUS 15:16-20
MATTEUS 15:16-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê vir hulle: “Verstaan selfs julle dit nog steeds nie? Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie? Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster. Dit is hierdie dinge wat jou onrein maak. Om met ongewaste hande te eet, sal jou nooit onrein en onaanvaarbaar voor God maak nie.”
MATTEUS 15:16-20 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hom gesê: “Julle is my dissipels, maar ook júlle verstaan dit nou nog nie. Julle weet dat die kos wat in 'n mens se mond ingaan, na sy maag gaan en dan weer uit sy liggaam uitgaan. Maar die woorde wat uit 'n mens se mond kom, kom uit sy hart. Dit is hierdie dinge wat 'n mens onrein maak. Want die slegte dinge wat 'n mens dink, kom van binne, uit 'n mens se hart. Dit is daardie slegte gedagtes wat hom sonde laat doen, soos om mense te vermoor, of egbreuk te pleeg, of seks te hê met iemand met wie jy nie mag nie, of te steel of te lieg of sleg te praat van ander mense. Dit is daardie dinge wat 'n mens onrein maak. Maar as jy nie jou hande gewas het voor jy eet nie, maak dit jou nie onrein nie.”
MATTEUS 15:16-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.
MATTEUS 15:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Verstaan ook julle dit nog nie?” antwoord Jesus. “Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie? Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. Dít is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.”
MATTEUS 15:16-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het gesê: “Is ook julle nog steeds sonder begrip? Verstaan julle nie dat alles wat by die mond ingaan, in die maag beland en in die privaat uitgewerp word nie? Maar wat by die mond uitgaan, kom uit die hart, en daardie dinge maak die mens onrein. Uit die hart kom daar immers bose gedagtes, moord, owerspel, onsedelikheid, diefstal, valse getuienis en lastering. Dit is die dinge wat 'n mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.”
MATTEUS 15:16-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus sê: Is julle ook nog sonder verstand? Verstaan julle nog nie dat alles wat deur die mond ingaan, in die maag ingaan en in die wurg uitgewerp word nie? Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart; en hulle het die mens onrein gemaak. Want uit die hart kom slegte gedagtes, moorde, owerspel, hoererye, diefstalle, valse getuienis, godslasteringe. Dit is die dinge wat 'n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak 'n mens nie onrein nie.
MATTEUS 15:16-20 Die Boodskap (DB)
Jesus antwoord: “Hoe is dit moontlik? Het julle regtig so min begrip vir wat Ek sê? Verstaan julle nie dat alle kos wat ’n mens eet, in jou maag beland en later uit jou liggaam uitgeskei word nie? Maar dit wat jy sê, kom uit jou hart. Dáár ontstaan slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, om ontrou aan jou huweliksmaat te wees, om onsedelike dade te pleeg, om te steel en te lieg en lelike dinge teen God te sê. Wanneer jy hierdie dinge uitdink, maak dit jou onrein. Dan is God nie met jou lewe tevrede nie. Dit gaan vir Hom glad nie daaroor of jy jou hande voor ete was of nie. Sulke dinge kan ’n mens nie onrein maak nie.”
MATTEUS 15:16-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sê vir hulle: “Verstaan selfs julle dit nog steeds nie? Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie? Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster. Dit is hierdie dinge wat jou onrein maak. Om met ongewaste hande te eet, sal jou nooit onrein en onaanvaarbaar voor God maak nie.”