MATTEUS 14:35-36
MATTEUS 14:35-36 Bybel vir almal (ABA)
Toe die mense van Gennesaret sien dit is Jesus, het hulle boodskappers gestuur om vir die mense daar naby te vertel dat Jesus daar is. Hulle het al die siek mense na Jesus toe gebring. Hulle het vir Jesus gevra of die siek mense aan die soom van sy bo-kleed mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
MATTEUS 14:35-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring; en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.
MATTEUS 14:35-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
MATTEUS 14:35-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die manne van daardie plek Hom herken, het hulle daardie hele omgewing laat weet, en hulle het almal wat siek was, na Hom gebring en Hom gesmeek dat die siekes selfs net die soom van sy bokleed kon aanraak. En almal wat dit aangeraak het, is genees.
MATTEUS 14:35-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die manne van daardie plek hom te wete gekom het, het hulle na die hele land rondom gestuur en almal wat siek was, na hom gebring; En hom gesmeek dat hulle net die soom van sy kleed mag aanraak, en almal wat dit aangeraak het, is volkome gesond gemaak.
MATTEUS 14:35-36 Die Boodskap (DB)
Hulle het haastig vir almal in die omgewing laat weet, sodat die siekes na Hom toe begin stroom het. So baie mense het later opgedaag dat hulle Hom gevra het of hulle net maar aan sy klere se soom kon raak. Hy het ja gesê. Almal wat aan sy soom geraak het, het gesond geword.
MATTEUS 14:35-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die plaaslike mense dit hoor, het hulle die nuus deur die hele omgewing versprei en al hulle siekes na Hom toe gebring. Die siekes het Hom gesmeek om aan Hom te mag raak, al was dit maar net aan die onderste rand van sy bo-kleed. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword.