MATTEUS 14:34-36
MATTEUS 14:34-36 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en die dissipels het na die ander kant van die see gegaan, en by die stad Gennesaret afgeklim van die boot. Toe die mense van Gennesaret sien dit is Jesus, het hulle boodskappers gestuur om vir die mense daar naby te vertel dat Jesus daar is. Hulle het al die siek mense na Jesus toe gebring. Hulle het vir Jesus gevra of die siek mense aan die soom van sy bo-kleed mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
MATTEUS 14:34-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het oorgevaar en in die land Gennésaret gekom. En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring; en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.
MATTEUS 14:34-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
MATTEUS 14:34-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat hulle na die oorkant gevaar het, het hulle aan wal gegaan by Gennesaret. Toe die manne van daardie plek Hom herken, het hulle daardie hele omgewing laat weet, en hulle het almal wat siek was, na Hom gebring en Hom gesmeek dat die siekes selfs net die soom van sy bokleed kon aanraak. En almal wat dit aangeraak het, is genees.
MATTEUS 14:34-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle deurgetrek het, het hulle in die land Genesaret gekom. En toe die manne van daardie plek hom te wete gekom het, het hulle na die hele land rondom gestuur en almal wat siek was, na hom gebring; En hom gesmeek dat hulle net die soom van sy kleed mag aanraak, en almal wat dit aangeraak het, is volkome gesond gemaak.
MATTEUS 14:34-36 Die Boodskap (DB)
Daarna het hulle na die landstreek van Gennesaret oorgevaar. Daar aangekom, het die inwoners Jesus herken. Hulle het haastig vir almal in die omgewing laat weet, sodat die siekes na Hom toe begin stroom het. So baie mense het later opgedaag dat hulle Hom gevra het of hulle net maar aan sy klere se soom kon raak. Hy het ja gesê. Almal wat aan sy soom geraak het, het gesond geword.
MATTEUS 14:34-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Nadat hulle die see oorgesteek het, het hulle by Gennesaret aan wal gegaan. Toe die plaaslike mense dit hoor, het hulle die nuus deur die hele omgewing versprei en al hulle siekes na Hom toe gebring. Die siekes het Hom gesmeek om aan Hom te mag raak, al was dit maar net aan die onderste rand van sy bo-kleed. En almal wat daaraan geraak het, het gesond geword.