MATTEUS 13:47-49
MATTEUS 13:47-49 Bybel vir almal (ABA)
“Waar God wat in die hemel is, Koning is, is dit ook soos wanneer vissermanne 'n visnet in die see gooi, en hulle vang baie soorte visse. Wanneer die visnet vol visse is, dan trek die vissermanne dit uit die see tot op die sand. Dan gaan sit hulle en gooi die goeie visse bymekaar in bakke, maar hulle gooi die visse weg wat hulle nie kan eet nie. Dit sal dieselfde wees wanneer die einde van die wêreld kom. Die engele sal kom en hulle sal al die slegte mense wegvat, weg van die mense wat gehoorsaam is aan die wette van die Here.
MATTEUS 13:47-49 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
MATTEUS 13:47-49 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies
MATTEUS 13:47-49 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Verder is die koninkryk van die hemele soos 'n treknet wat in die see uitgewerp is en van elke soort vis gevang het. Toe dit vol was, het hulle dit op die strand getrek. Hulle het toe gaan sit en die goeies in houers bymekaargemaak, maar die slegtes uitgegooi. So sal dit wees by die voleinding van die tyd: Die engele sal uitgaan, en hulle sal die bose mense tussen die •regverdiges uithaal
MATTEUS 13:47-49 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weereens, die koninkryk van die hemele is soos 'n net wat in die see gegooi en van elke soort bymekaargemaak is. En toe dit vol was, het hulle na die wal getrek en gaan sit en die goeies in potte bymekaargemaak, maar die slegtes weggegooi. So sal dit wees aan die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die goddelose onder die regverdiges verskei
MATTEUS 13:47-49 Die Boodskap (DB)
“Julle weet mos dat allerhande soorte vis gewoonlik met nette in die meer gevang word. As die net vol vis is, sleep hulle dit wal toe. Dan soek hulle eers die vis uit. Die eetbare vis hou hulle, en hulle raak ontslae van die vis wat hulle nie wil hê nie. “By die laaste oordeel sal dit ook so gaan met die mense. Die mense wat reg gelewe het, sal by God gaan staan.
MATTEUS 13:47-49 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Verder is God se koninkryk soos ’n treknet wat in die see uitgegooi word en allerhande soorte vis bymekaarbring. Wanneer dit vol is, sleep die vissers dit op die strand uit. Hulle gaan sit, sorteer die goeie vis in kratte en gooi die slegtes weg. So sal dit ook wees by die voleinding van die wêreld. Die engele sal kom, die slegte mense wegneem van die goeies