MATTEUS 10:37-39
MATTEUS 10:37-39 Bybel vir almal (ABA)
As iemand meer lief is vir sy pa of sy ma as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand vir sy seun of sy dogter meer lief is as vir My, dan kan hy nie my dissipel wees nie. As iemand My wil volg, dan moet hy lewe soos iemand wat weet hy sal aan 'n kruis hang en sterf. Dan kan hy my dissipel wees. As iemand my dissipel wil wees, maar hy wil aanhou lewe en hy wil nie sterf omdat hy My dien nie, dan sal hy sy lewe verloor. Maar iemand wat sterf omdat hy My dien, sal aanhou lewe.
MATTEUS 10:37-39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
MATTEUS 10:37-39 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. “Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”
MATTEUS 10:37-39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wie sy vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie, en wie sy seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie nie sy kruis opneem en My volg nie, is My nie waardig nie. “Wie sy lewe behou, sal dit verloor, en wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit behou.”
MATTEUS 10:37-39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat vader of moeder liewer het as my, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter liewer het as my, is My nie waardig nie. En hy wat sy kruis nie neem en My volg nie, is My nie werd nie. Hy wat sy lewe vind, sal dit verloor; en hy wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.
MATTEUS 10:37-39 Die Boodskap (DB)
Luister, as jy voel dat jy liewer lojaal moet bly aan jou pa of ma as aan My, verdien jy My nie. Dieselfde geld vir jou seun of dogter of wie ook al. Ek moet altyd vir jou die belangrikste van almal wees. Ek moet die belangrikste in jou lewe wees. “Ja, alles gaan oor wie of wat vir jou die belangrikste is. Iemand wat sy lewe die moeite werd probeer maak deur heeltyd agter mense aan te hardloop, sal agterkom dat hy die ware lewe heeltemal misloop. Wie egter bereid is om aardse opofferings te maak omdat hy My bo alles liefhet, sal ontdek wat dit beteken om werklik te leef.
MATTEUS 10:37-39 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As jy jou pa of jou ma liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. Of as jy jou seun of jou dogter liewer het as vir My, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie. As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”