MATTEUS 10:15
MATTEUS 10:15 Die Boodskap (DB)
Troos julle hieraan: wanneer God die dag kom om almal te oordeel, gaan hierdie mense besef dat hulle verkeerd was. Hulle gaan baie spyt wees, maar spyt kom altyd te laat. Saam met die ou stede soos Sodom en Gomorra wat so bekend was vir hulle sonde, gaan hierdie mense lelik onder God se oordeel deurloop.
MATTEUS 10:15 Bybel vir almal (ABA)
Ek sê vir julle, en dit is seker: Dit sal baie sleg gaan met daardie mense op die dag wanneer God almal sal oordeel. Dit sal beter gaan met die stede Sodom en Gomorra as met daardie stad.”
MATTEUS 10:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir die land van Sodom en Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad.
MATTEUS 10:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit verseker Ek julle: Dit sal in die oordeelsdag vir die gebied Sodom en Gomorra draagliker wees as vir daardie dorp.”
MATTEUS 10:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Amen, Ek sê vir julle: Dit sal vir die land Sodom en Gomorra op die oordeelsdag draagliker wees as vir daardie stad.”
MATTEUS 10:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal verdraagliker wees vir die land Sodom en Gomorra in die oordeelsdag as vir daardie stad.