MATTEUS 1:5-6
MATTEUS 1:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salmon het Boas by Ragab verwek, Boas het Obed by Rut verwek, Obed het Isai verwek en Isai het Dawid, die koning, verwek.
MATTEUS 1:5-6 Die Boodskap (DB)
Salmon was getroud met Ragab. Hulle het ’n seun gehad met die naam Boas. Sy vrou se naam was Rut. Sy was ’n Moabiet. Hulle het hulle seun Obed genoem. Obed se seun was Isai. Isai was die pa van koning Dawid. Dawid was Salomo se pa. Salomo is gebore uit die verhouding tussen Dawid en Batseba.
MATTEUS 1:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Salmon was die pa van Boas by Ragab, Boas die pa van Obed by Rut, Obed die pa van Isai, Isai die pa van koning Dawid. Dawid was die pa van Salomo by die vrou van Urija
MATTEUS 1:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Salmon was die pa van Boas, en Boas se ma was Ragab. Boas was die pa van Obed, en Obed se ma was Rut. Obed was die pa van Isai en Isai die pa van koning Dawid. Dawid was die pa van Salomo, en Salomo se ma was die vrou van Uria.
MATTEUS 1:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Ísai, en Ísai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría