MALEAGI 3:5
MALEAGI 3:5 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Ek sal na julle toe kom om te sê wie is reg en wie is verkeerd. Ek sal die mense straf wat My nie eer nie. Hulle is mense wat toor, mense wat egbreuk pleeg, mense wat belowe maar wat nie wil doen wat hulle belowe nie, mense wat hulle werkers en weduwees en weeskinders verdruk, mense wat nie reg doen aan mense uit ander lande wat by hulle woon nie, mense wat My nie eer nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 3:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
MALEAGI 3:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal Ek na julle toe kom as regter: Ek sal sonder versuim regspreek teen dié wat hulle met toordery ophou, teen die egbrekers en dié wat vals ede aflê, teen dié wat die dagloner te kort doen, die weduwee en die weeskind veronreg en die vreemdeling verdring, teen dié wat nie vir My eerbied het nie, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 3:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ek sal na julle toe kom vir die oordeel en Ek sal sonder om te huiwer 'n getuie wees teen towenaars, egbrekers en wie vals sweer; teen hulle wat dagloners, weduwees en vaderlose kinders verdruk en hulle wat •vreemdelinge wegwys en nie ontsag vir My het nie,” sê die HERE, Heerser oor alle magte.
MALEAGI 3:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal tot jou nader kom vir die oordeel; en Ek sal 'n vinnige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die valse sweerers en teen die wat die huurling in sy loon verdruk, die weduwee en die wees, en wat die vreemdeling van sy regterkant afwyk en vrees My nie, spreek die HERE van die leërskare.
MALEAGI 3:5 Die Boodskap (DB)
Ek gaan na julle toe kom soos ’n regter wat moet uitspraak lewer en ’n getuie wat nie bang is om die waarheid te praat nie, sê die Here wat reg doen. Die mense wat Ek gaan aankla, is: mense wat hulle met slegte dinge besig hou en almal bangmaak met hulle sondes; mense wat hulle eie huwelik en dié van ander opbreek omdat hulle ontrou is; mense wat leuens vertel; oneerlike werkgewers wat nie die mense wat vir hulle werk, betaal wat hulle werd is nie; mense wat misbruik maak van ander wat nie vir hulleself kan sorg nie, soos weduwees en kinders wat nie ouers het om na hulle te kyk nie; mense wat voordeel trek uit ander mense wat vreemd is in hulle dorp en nie weet hoe alles werk nie; en almal wat nie respek het vir My as die Here wat altyd reg doen nie.
MALEAGI 3:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE, die Almagtige, sê: “Ek kom om julle te oordeel. Ek sal dadelik gereed wees om teen die towenaars, egbrekers en leuenaars te getuig. Ek sal getuig teen mense wat hulle werkers met lone bedrieg en weduwees en weeskinders onderdruk. Verder sal Ek ook getuig teen hulle wat vreemdelinge tussen julle laat swaarkry en teen hulle wat My nie respekteer nie.”