LUKAS 9:57-59
LUKAS 9:57-59 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.” Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.” Aan 'n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.”
LUKAS 9:57-59 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus en sy dissipels besig was om na Jerusalem te gaan, het iemand vir Jesus gesê: “Ek sal saam met U gaan, oral waar U gaan.” Jesus sê toe vir hom: “Jakkalse woon in gate, en voëls het neste. Maar Ek, die Seun van die mens, het nie 'n plek waar Ek kan woon nie.” Jesus het vir iemand anders gesê: “Kom saam met My.” Maar die man het gesê: “Here, ek sal saam met U gaan, maar ek moet eers wag tot my pa dood is sodat ek hom kan begrawe.”
LUKAS 9:57-59 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan! Toe sê Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie. En Hy sê aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
LUKAS 9:57-59 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.” Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.” Aan 'n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.”
LUKAS 9:57-59 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hulle op pad was, het iemand vir Hom gesê: “Ek sal U volg, waar U ook al gaan.” Maar Jesus het hom geantwoord: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die •Seun van die Mens het geen plek waar Hy sy kop kan neerlê nie.” Vir 'n ander een het Hy gesê: “Volg My!” Maar hy het geantwoord: “Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.”
LUKAS 9:57-59 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle op die pad gegaan het, het 'n sekere man vir Hom gesê: Here, ek sal U volg waar U ook al gaan. En Jesus sê vir hom: Jakkalse het gate en voëls van die hemel neste; maar die Seun van die mens het geen plek om sy hoof neer te lê nie. En hy sê vir 'n ander: Volg My. Maar hy sê: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
LUKAS 9:57-59 Die Boodskap (DB)
Langs die pad het iemand vir Jesus gesê: “Here, ek is bereid om u volgeling te wees. Maak nie saak waar U gaan nie, ek sal by U bly.” Toe sê Jesus vir hom: “Jy moet baie mooi dink wat jy sê, want Ek wat die Seun van die mens is, kan nie eens vanaand vir jou ’n ordentlike slaapplek aanbied nie. Selfs die voëls en die jakkalse in die veld is beter daaraan toe as Ek. Hulle het ten minste ’n blyplek van hulle eie.” Jesus draai toe na een van die ander mense wat ook saam met Hom gestap het en sê vir hom: “Volg My!” Die man antwoord vinnig: “Ek doen dit graag, maar ek moet net eers gou my pa gaan begrawe.”
LUKAS 9:57-59 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Terwyl hulle op pad was, het iemand vir Jesus gesê: “Ek sal U volg, maak nie saak waar U gaan nie.” Maar Jesus het geantwoord: “Jakkalse het gate om in te bly, en voëls het neste, maar Ek, die Seun van die Mens, het nie eers ’n plek om my kop neer te lê nie.” Hy het vir ’n ander persoon gesê: “Kom, wees my dissipel.” Die man het ingestem, maar gesê: “Here, laat ek net eers huis toe gaan en my pa begrawe.”