LUKAS 9:16-17
LUKAS 9:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Toe het Jesus die vyf brode en twee visse geneem. Hy het opgekyk na die hemel en Hy het God geprys en dankie gesê vir die kos. Daarna het Hy die kos in stukke gebreek en Hy het dit vir die dissipels gegee. Die dissipels het dit vir die mense gegee. Almal het genoeg geëet. Toe die mense klaar geëet het, het die dissipels twaalf mandjies vol stukkies kos opgetel wat oorgebly het.
LUKAS 9:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, en nadat Hy opgekyk het na die hemel, seën Hy dit en breek dit en gee dit aan die dissipels om dit aan die skare voor te sit. En hulle het geëet en is almal versadig, en van wat vir hulle van die brokstukke oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
LUKAS 9:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Hy die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seën gevra. Toe breek Hy dit en gee dit vir die dissipels om aan die mense voor te sit. Almal het geëet en genoeg gekry. Wat oorgebly het, het hulle bymekaargemaak, twaalf mandjies vol.
LUKAS 9:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het die vyf brode en die twee visse geneem, na die hemel opgekyk en die seëngebed uitgespreek. Hy het dit toe in stukke gebreek en vir sy dissipels gegee om aan die skare uit te deel. Almal het geëet en het versadig geword, en van die stukke wat oorgebly het, is daar twaalf mandjies vol opgetel.
LUKAS 9:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel, seën dit en breek dit en gee aan die dissipels om voor die skare voor te sit. En hulle het geëet en almal versadig geword, en van die brokstukke wat vir hulle oorgebly het, is twaalf mandjies opgetel.
LUKAS 9:16-17 Die Boodskap (DB)
Toe almal ’n sitplek gehad het, vat Jesus die vyf brode en die twee visse, sê vir God daarvoor dankie, spreek sy seën daaroor uit en begin dit in kleiner stukkies breek. Hy het dit aan die dissipels gegee om aan die skare uit te deel. Almal het genoeg te ete gekry. Op die ou end was daar te veel kos. Na die tyd is twaalf mandjies vol kos opgetel wat oorgebly het.
LUKAS 9:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het die vyf brode en twee visse geneem, opgekyk na die hemel, en God se seën daarop gevra. Hy het toe aangehou om die brood in stukke te breek en dit saam met die vis aan sy dissipels gegee om aan die mense te gee. Almal het soveel geëet as wat hulle wou en hulle het twaalf mandjies vol oorskiet opgetel.