LUKAS 9:1
LUKAS 9:1 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het die twaalf dissipels geroep. Hy het vir hulle krag gegee om duiwels uit mense te jaag en siek mense gesond te maak.
LUKAS 9:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
LUKAS 9:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees.
LUKAS 9:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het die twaalf bymekaargeroep, en aan hulle mag en gesag oor alle demone gegee en om siektes te genees.
LUKAS 9:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Hy sy twaalf dissipels bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
LUKAS 9:1 Die Boodskap (DB)
Kort daarna het Jesus sy twaalf dissipels bymekaargeroep. Hy sê toe vir hulle: “Ek maak julle nou sterker as al die bose magte. Ek gee ook aan julle die krag om siekes gesond te maak. Gaan dan nou uit en vertel vir die mense dat God se nuwe wêreld hier is. Maak ook die siekes gesond.”