LUKAS 8:2-3
LUKAS 8:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Daar was ook vroue by hulle. Jesus het hierdie vroue voorheen gesond gemaak toe Hy bose geeste uit hulle laat gaan het. Een van die vroue was Maria Magdalena. Sewe duiwels het uit haar uitgegaan. 'n Ander vrou was Johanna, die vrou van Gusa. Gusa was die hoof van die mense wat in koning Herodes se paleis gewerk het. Susanna en nog baie ander vroue was ook by Jesus en sy dissipels. Hierdie vroue het hulle eie geld gebruik om vir Jesus en sy dissipels te sorg.
LUKAS 8:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdaléna genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het, en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
LUKAS 8:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
en daarby 'n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees was. Daar was Maria, bekend as Magdalena, uit wie sewe bose geeste uitgegaan het, en Johanna die vrou van Gusa, 'n hoë amptenaar van Herodes, en Susanna en baie ander. Hierdie vroue het uit eie middele vir Jesus en die twaalf gesorg.
LUKAS 8:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en ook 'n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees is, naamlik Maria, wat bekend was as Magdalena, uit wie sewe demone uitgegaan het, en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna, en baie ander wat uit hulle eie bronne vir Jesus en die twaalf gesorg het.
LUKAS 8:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sekere vroue wat van bose geeste en swakhede genees was, het Maria Magdalena geroep, uit wie sewe duiwels uitgegaan het, En Joanna, die vrou van Chuza, die bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat hom van hulle besittings bedien het.
LUKAS 8:2-3 Die Boodskap (DB)
’n Klompie vroue wat deur Jesus van bose geeste vrygemaak is en ’n paar ander wat deur Hom gesond gemaak is, het ook saam met hulle van plek tot plek gestap. Een van hierdie vroue se naam was Maria. (Sy is ook Magdalena genoem omdat sy van die dorp Magdala afkomstig was.) Jesus het sewe duiwels uit haar verdryf. Johanna, die vrou van Gusa, een van die belangrike amptenare in Herodes se paleis, was ook onder hulle. So ook Susanna en ’n klompie ander vroue. Met hulle eie geld het hierdie vroue vir Jesus en sy dissipels kos gekoop en ook gesorg dat hulle slaapplek het.
LUKAS 8:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
asook ’n paar vroue wat Hy gesond gemaak het en uit wie Hy bose geeste gedryf het. Onder hulle was Maria Magdalena uit wie Hy sewe bose geeste gedryf het, Johanna, die vrou van Gusa, Herodes se sakebestuurder, Susanna en baie ander wat uit hulle eie middele bygedra het om Jesus en sy dissipels te onderhou.