LUKAS 7:47-50
LUKAS 7:47-50 Bybel vir almal (ABA)
Daarom sê Ek vir jou, God het die baie sondes wat sy gedoen het, vergewe. Toe sy hierdie dinge aan My gedoen het, het sy gewys dat sy lief is vir My. Dit wys ook sy is baie dankbaar dat God haar baie sondes vergewe het. Jy dink jy het min sondes, maar God het dit vergewe. Jy wys ook hoe min dankbaar jy is en hoe min jy lief is vir Hom.” Jesus sê toe vir die vrou: “Ek vergewe jou sondes.” Die mense wat saam met Jesus by die tafel gesit het, begin toe met mekaar praat en hulle sê: “Wie is hierdie man wat sondes vergewe?” Maar Jesus het vir die vrou gesê: “Omdat jy glo, daarom red Ek jou. Totsiens, dit sal goed gaan met jou.”
LUKAS 7:47-50 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief. En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.
LUKAS 7:47-50 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sê vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde.” En Jesus sê vir haar: “Jou sondes is vergewe.” Toe begin dié wat saam aan tafel was, onder mekaar sê: “Wie is hierdie man dat hy selfs sondes vergewe?” Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”
LUKAS 7:47-50 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom sê Ek vir jou, haar sondes – en dit was baie – is vergewe, omdat sy baie liefde betoon het. Maar die een vir wie min vergewe word, het min liefde.” En vir haar het Hy gesê: “Jou sondes is vergewe.” Toe begin die mense wat aangeleun het vir ete onder mekaar sê: “Wie is hierdie man, dat hy selfs sondes vergewe?” Maar Jesus het vir die vrou gesê: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”
LUKAS 7:47-50 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes, wat baie is, is vergewe; want sy het baie liefgehad, maar vir wie min vergewe is, hy het min lief. En hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. En die wat saam met Hom aan tafel was, het by hulleself begin sê: Wie is Hy wat ook sondes vergewe? En hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.
LUKAS 7:47-50 Die Boodskap (DB)
“Ja, hierdie vrou het baie lelike dinge aangevang. Maar dis nou verby. Haar sondes is vergewe. God dink nie meer daaraan nie. Daarom doen sy al hierdie wonderlike dinge vir My. Jy het nie die vaagste idee wat dit vir ’n sondaar soos sy beteken om deur God vergewe te word nie. Daarom dien jy Hom so halfhartig.” Jesus kyk toe na die vrou en sê vir haar: “Ek het baie goeie nuus vir jou. Jou sondes tel nie meer by God nie.” Al die ander mense aan tafel het onder mekaar gesê: “Wie is hierdie man dat hy selfs die mag het om sondes te vergewe? Net God kan tog so iets doen!” Jesus het vir die vrou gesê: “Dit wat jy vandag gedoen het, wys dat jy in God glo. Jou saak met Hom is nou in orde. Gaan leef in vrede met God.”
LUKAS 7:47-50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sê vir jou, haar sondes – en dit is baie – is vergewe, omdat sy baie liefde aan My bewys het. Maar iemand vir wie min sondes vergewe is, betoon maar min liefde!” Toe sê Jesus vir die vrou: “Jou sondes is vergewe.” Die mans aan tafel sê toe onder mekaar: “Wie dink hierdie man is hy om rond te gaan en sondes te vergewe?” En Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.”