LUKAS 7:34-35
LUKAS 7:34-35 Bybel vir almal (ABA)
Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê julle: ‘Hy is 'n vraat en 'n dronklap. En Hy is ook 'n vriend van die tollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’ Die mense wat regtig weet wat die wysheid van God is, is die mense wat in My en Johannes geglo het.”
LUKAS 7:34-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders.
LUKAS 7:34-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit.”
LUKAS 7:34-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“En die •Seun van die Mens het gekom en geëet en gedrink, “en julle sê, “ ‘Kyk, Hy is 'n vraat en 'n suiplap, 'n vriend van tollenaars en sondaars. ’ “Maar die wysheid word deur al haar kinders reg bewys.”
LUKAS 7:34-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die Seun van die mens het gekom en eet en drink; en julle sê: Daar is 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars! Maar wysheid is geregverdig deur al haar kinders.
LUKAS 7:34-35 Die Boodskap (DB)
“Toe kom Ek, die Seun van die mens. Ek het dikwels saam met die mense geëet en gedrink. En wat sê julle toe? ‘Kyk, Hy’s ’n regte vraat en ’n suiplap! Hy kuier graag saam met sondaars en daardie spul wat ons godsdienstige wette verwerp.’ “Ja, al wat hierdie mense doen, is om fout te vind. Maar gelukkig sal diegene wat doen wat God vra, weet wat die waarheid is.”