LUKAS 7:34
LUKAS 7:34 Bybel vir almal (ABA)
Nou het Ek, die Seun van die mens, gekom en Ek vier graag fees. Nou sê julle: ‘Hy is 'n vraat en 'n dronklap. En Hy is ook 'n vriend van die tollenaars en van mense wat nie doen wat die Here in sy wette sê nie.’
LUKAS 7:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars.
LUKAS 7:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Seun van die mens het gekom, geëet en gedrink, en julle sê: ‘Kyk daar, 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars.’
LUKAS 7:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“En die •Seun van die Mens het gekom en geëet en gedrink, “en julle sê, “ ‘Kyk, Hy is 'n vraat en 'n suiplap, 'n vriend van tollenaars en sondaars. ’
LUKAS 7:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die Seun van die mens het gekom en eet en drink; en julle sê: Daar is 'n vraat en 'n wynsuiper, 'n vriend van tollenaars en sondaars!