LUKAS 7:22
LUKAS 7:22 Bybel vir almal (ABA)
Jesus sê toe vir Johannes se dissipels: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: Blinde mense kan nou sien, kreupel mense kan nou loop, melaatse mense is weer gesond, dowe mense kan nou hoor, mense wat gesterf het, lewe weer, en arm mense hoor die goeie boodskap dat Jesus die Christus is.
LUKAS 7:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.
LUKAS 7:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy antwoord aan die boodskappers was: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.
LUKAS 7:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het: “Blindes sien weer, verlamdes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die goeie boodskap verkondig.
LUKAS 7:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Gaan heen en vertel vir Johannes wat julle gesien en gehoor het; hoe blindes sien, kreupeles loop, melaatses gereinig word, dowes hoor, dooies opgewek word, aan armes die evangelie verkondig word.
LUKAS 7:22 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe vir hulle: “Kyk om julle. Kyk na al die wonderwerke wat Ek doen. En luister mooi na wat Ek sê. Gaan vertel dan vir Johannes: mense wat nie kon sien nie, sien nou weer; mense wat glad nie kon loop nie, stap nou weer rond; mense wat eenkant moes bly omdat hulle melaats was, is nou heeltemal gesond; dowes kan weer hoor; mense wat dood was, leef weer, en mense wat niks het nie, hoor nou skielik dat hulle vir God baie spesiaal is.
LUKAS 7:22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het vir Johannes se dissipels gesê: “Gaan terug na Johannes, en vertel hom wat julle gesien en gehoor het – blindes sien, verlamdes loop, mense met ernstige velsiektes word genees, dowes hoor, dooies word tot die lewe opgewek, en die Goeie Nuus word aan die armes verkondig.