LUKAS 7:14-15
LUKAS 7:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op! En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.
LUKAS 7:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Jesus gaan toe nader en raak aan die kis waarin hulle die lyk van die jongman gedra het. Die manne wat die lyk gedra het, het gaan staan. Toe sê Jesus: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op.” Die jongman wat dood was, het regop gesit en hy het begin praat. So het Jesus die jongman teruggegee vir sy ma.
LUKAS 7:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op! En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.
LUKAS 7:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy gaan toe nader en vat aan die baar. Die draers gaan staan toe, en Hy sê: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op!” Die dooie het regop gaan sit en begin praat. En Jesus het hom aan sy ma teruggegee.
LUKAS 7:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het nader gegaan en aan die draagbaar geraak, en die draers het gaan staan. Toe sê Hy: “Jong man, Ek sê vir jou, staan op!” Die dooie het regop gesit en begin praat. En Jesus het hom aan sy moeder teruggegee.
LUKAS 7:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het gekom en die baar aangeraak, en die wat hom gedra het, het stilgestaan. En hy sê: Jongman, ek sê vir jou: Staan op! En hy wat dood was, het regop gesit en begin praat. En hy het hom aan sy moeder oorgegee.
LUKAS 7:14-15 Die Boodskap (DB)
Voordat iemand iets kon sê, het Jesus na die draagbaar toe gestap en dit vasgegryp. Toe die verbaasde draers tot stilstand kom, sê Jesus vir die dooie: “Jongman, word lewendig. Ek sê vir jou: staan nou dadelik op!” Toe gebeur daar ’n groot wonderwerk. Reg voor almal het die seun lewendig geword. Hy het orent gekom en begin praat. Jesus het hom toe aan sy ma se sorg oorgelaat.
LUKAS 7:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe het Hy na die draagbaar toe geloop en daaraan geraak, en die draers het gaan staan. “Jong man,” het Hy gesê, “Ek sê vir jou, staan op!” Toe het die dooie regop gesit en met die mense om hom begin praat! En Jesus het hom aan sy ma teruggegee.