LUKAS 6:46-47
LUKAS 6:46-47 Bybel vir almal (ABA)
“Hoekom sê julle so baie maal Ek is julle Here, maar julle doen nie wat Ek sê nie? Ek sal vir julle verduidelik hoe is iemand wat na My toe kom en hoor wat Ek sê en wat dit doen.
LUKAS 6:46-47 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen — Ek sal julle wys soos wie hy is.
LUKAS 6:46-47 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is
LUKAS 6:46-47 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Waarom noem julle My ‘Here, Here!’ maar julle doen nie wat Ek sê nie? “Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is
LUKAS 6:46-47 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En waarom noem julle My, Here, Here, en doen nie die dinge wat Ek sê nie? Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en dit doen, Ek sal jou wys met wie hy gelyk is.