LUKAS 6:20-21
LUKAS 6:20-21 Bybel vir almal (ABA)
Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle: Julle wat arm is, is gelukkige mense, want God is julle Koning. Julle wat nou honger is, is gelukkige mense, want God sal vir julle genoeg gee om te eet. Julle wat nou huil, is gelukkige mense, want julle sal lag.
LUKAS 6:20-21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe slaan Hy sy oë op oor sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God. Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
LUKAS 6:20-21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het sy dissipels aangekyk en gesê: “Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God. Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou huil, want julle sal lag.
LUKAS 6:20-21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Hy sy oë op sy dissipels gerig en gesê: “Gelukkig is julle wat arm is, want die •koninkryk van God behoort aan julle. Gelukkig is julle wat nou honger ly, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag.
LUKAS 6:20-21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het sy oë op sy dissipels opgeslaan en gesê: Geseënd is julle armes, want aan julle behoort die koninkryk van God. Geseënd is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Geseënd is julle wat nou ween, want julle sal lag.
LUKAS 6:20-21 Die Boodskap (DB)
Toe kyk Jesus na sy volgelinge en sê vir hulle: “Julle is gelukkig as julle nou arm is. God sal dan vir julle ’n plek gee in sy nuwe wêreld. “Julle is gelukkig as julle nou honger is. God sal sorg dat julle genoeg kos het om te eet in sy nuwe wêreld. “Julle is gelukkig as julle nou hartseer is. God sal sorg dat julle in sy nuwe wêreld lag en feesvier.
LUKAS 6:20-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het na sy dissipels gekyk en gesê: “Gelukkig is julle wat arm is, want die koninkryk van God is júlle deel. Gelukkig is julle wat nou honger is, want julle sal versadig word. Gelukkig is julle wat nou huil, want die tyd sal kom dat julle van blydskap sal lag.