LUKAS 6:12-13
LUKAS 6:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Nie lank daarna nie het Jesus na die berg gegaan om daar te bid. Hy het die hele nag tot God gebid. Toe dit dag word, het Hy sy dissipels na Hom toe geroep. Hy het twaalf van hulle gekies en Hy het hulle apostels genoem.
LUKAS 6:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring. En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy apostels genoem het
LUKAS 6:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Toe dit dag word, het Hy sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy ook apostels genoem het.
LUKAS 6:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God. Teen dagbreek het Hy toe sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, en Hy het hulle •apostels genoem.
LUKAS 6:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En in daardie dae het hy uitgegaan na die berg om te bid, en hy het die hele nag gebly in gebed tot God. En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels na Hom geroep; en van hulle het Hy twaalf gekies, wat Hy ook apostels genoem het
LUKAS 6:12-13 Die Boodskap (DB)
Kort daarna het Jesus een aand teen ’n berg opgeklim om te gaan bid. Hy het die hele nag in gebed tot God deurgebring. Die volgende dag het Jesus sy volgelinge na Hom toe geroep. Hy het toe twaalf van hulle uitgekies. Hierdie twaalf mans het Jesus sy apostels genoem, sy spesiale verteenwoordigers. Hulle name is