LUKAS 4:3-4
LUKAS 4:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Duiwel het vir Hom gesê: “As u die •Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar staan geskryf, ‘Van brood alleen sal die mens nie leef nie.’ ”
LUKAS 4:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Die duiwel het vir Jesus gesê: “As Jy die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.” Maar Jesus het vir hom gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘ 'n Mens lewe nie net van brood nie.’ ”
LUKAS 4:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word. Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.
LUKAS 4:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die duiwel sê toe vir Hom: “As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood word.” Maar Jesus antwoord hom: “Daar is geskrywe: 'n Mens leef nie net van brood nie. ”
LUKAS 4:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die duiwel sê vir hom: As U die Seun van God is, beveel hierdie klip dat dit brood moet word. En Jesus antwoord hom en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.
LUKAS 4:3-4 Die Boodskap (DB)
Die duiwel het hierdie kans aangegryp en vir Jesus gesê: “Jy sê mos jy is die Seun van God. Wys dit nou ’n slag! Sê ’n bietjie vir hierdie klip om in brood te verander.” Maar Jesus het geantwoord: “Daar staan in die Bybel: ‘’n Mens leef nie net van brood nie. God se Woord is belangriker as kos.’”