LUKAS 3:10-11
LUKAS 3:10-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die skare het gevra: “Wat moet ons dan doen?” Johannes het geantwoord: “As jy twee kledingstukke het, gee een vir die armes. As jy kos het, deel dit met hulle wat honger is.”
LUKAS 3:10-11 Die Boodskap (DB)
Die skare het toe benoud vir Johannes gevra: “Sê asseblief vir ons wat ons moet doen om in die regte verhouding met God te leef.” Johannes sê toe: “As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.”
LUKAS 3:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die skare vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?” En hy het hulle geantwoord: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat niks het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”
LUKAS 3:10-11 Bybel vir almal (ABA)
Die mense vra toe vir Johannes: “Wat moet ons dan doen?” Johannes het vir hulle gesê: “As jy twee stukke klere het, dan moet jy een gee vir iemand wat niks klere het nie. En as jy kos het, dan moet jy kos gee vir mense wat nie kos het nie.”
LUKAS 3:10-11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen? En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
LUKAS 3:10-11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?” Hy antwoord hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”
LUKAS 3:10-11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die skare vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?” En hy het hulle geantwoord: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat niks het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”
LUKAS 3:10-11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die skare het Hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen? Hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee rokke het, laat hom meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, laat hom net so doen.