LUKAS 24:25-27
LUKAS 24:25-27 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Jesus vir die twee mans: “Hoekom verstaan julle nie wat gebeur het nie? Hoekom wil julle nie glo wat die profete gesê het nie? Die profete het gesê die Christus moet eers swaarkry en dan sal Hy Koning word.” Toe het Jesus begin om vir hulle te verduidelik wat die boeke van Moses en die profete en die ander boeke van die Ou Testament oor Hom sê.
LUKAS 24:25-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: O Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
LUKAS 24:25-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Hy vir hulle: “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê.
LUKAS 24:25-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? ” Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê.
LUKAS 24:25-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Hy vir hulle: O dwase, en traag van hart om alles te glo wat die profete gespreek het! Moes Christus nie hierdie dinge gely het en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het van Moses en al die profete begin en vir hulle uitgelê in al die Skrifte wat op Hom betrekking het.
LUKAS 24:25-27 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe vir hulle: “Ek kan nie glo julle geloof is so klein nie. Hoekom glo julle nie wat God se boodskappers in die Bybel sê nie? Weet julle nie dat die Messias, God se Gestuurde, eers moes kom ly voordat Hy na sy hemelse woning teruggaan nie?” Toe het Jesus stap vir stap vir hulle verduidelik wat Moses en al die ander profete in die Bybel oor Hom geskryf het.
LUKAS 24:25-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe sê Jesus vir hulle: “O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle om alles wat die profete gesê het, te glo! Moes die Messias nie hierdie dinge ly om sy heerlikheid in te gaan nie?” Hierna het Jesus begin om vanaf Moses en al die profete al die Skrifgedeeltes wat oor Hom handel, vir hulle te interpreteer.