LUKAS 24:25-26
LUKAS 24:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Jesus vir die twee mans: “Hoekom verstaan julle nie wat gebeur het nie? Hoekom wil julle nie glo wat die profete gesê het nie? Die profete het gesê die Christus moet eers swaarkry en dan sal Hy Koning word.”
LUKAS 24:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: O Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie?
LUKAS 24:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Hy vir hulle: “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?”
LUKAS 24:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? ”
LUKAS 24:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Hy vir hulle: O dwase, en traag van hart om alles te glo wat die profete gespreek het! Moes Christus nie hierdie dinge gely het en in sy heerlikheid ingaan nie?