LUKAS 23:52-53
LUKAS 23:52-53 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en Jesus se liggaam gevra. Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linne toegebind en in ’n rotsgraf gaan neerlê waarin niemand nog ooit begrawe was nie.
LUKAS 23:52-53 Bybel vir almal (ABA)
Josef het na Pilatus toe gegaan en hy het vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus kan kry. Toe het Josef die liggaam van die kruis afgehaal en hy het dit in lap toegedraai. Hy het die liggaam in 'n graf gesit wat hulle in 'n rots gekap het. Hulle het nog nie voorheen iemand in daardie graf begrawe nie.
LUKAS 23:52-53 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
LUKAS 23:52-53 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra. Nadat hy dit van die kruis afgehaal het, het hy dit in linne toegedraai en in 'n rotsgraf neergelê waarin nog nooit tevore iemand begrawe was nie.
LUKAS 23:52-53 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het na •Pilatus gegaan en Jesus se liggaam gevra. Nadat hy die liggaam afgehaal het, het hy dit in linnedoeke toegedraai en Hom neergelê in 'n rotsgraf waarin daar nog nooit iemand neergelê is nie.
LUKAS 23:52-53 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie man het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gesmeek. En hy het dit afgehaal en in linne toegedraai en dit in 'n graf neergelê wat in klip gekap was, waarin nog nooit iemand tevore gelê is nie.
LUKAS 23:51-53 Die Boodskap (DB)
Josef was ’n lid van die Joodse Raad en ’n goeie en godvresende man. Hy het nie saamgestem met die manier waarop die Joodse Raad Jesus veroordeel en laat doodmaak het nie. Want hy het geglo dat God se nuwe wêreld sou kom soos Jesus gesê het. Nadat Josef Jesus se liggaam van die kruis afgehaal het, het hy dit in skoon linnedoeke toegedraai en dit in ’n graf gaan begrawe wat aan hom behoort het. Dit was ’n nuwe graf wat in die rots uitgekap was.