LUKAS 23:51-52
LUKAS 23:51-52 Bybel vir almal (ABA)
Josef het gedink die Raad het verkeerd besluit oor Jesus. Josef het gekom van die Joodse stad Arimatea. Hy het ook gewag dat die tyd sal kom wanneer God Koning sal wees oor almal. Josef het na Pilatus toe gegaan en hy het vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus kan kry.
LUKAS 23:51-52 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
— hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie — van Arimathéa, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het. Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
LUKAS 23:50-52 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was 'n man met die naam Josef, afkomstig van 'n Joodse dorpie Arimatea. Hy was 'n goeie en opregte man en het die koms van die koninkryk van God verwag. Hoewel hy lid van die Joodse Raad was, het hy nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. Hierdie man het na Pilatus toe gegaan en die liggaam van Jesus gevra.
LUKAS 23:51-52 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het nie met hulle besluit en optrede saamgestem nie. Hy was afkomstig van die Joodse dorp Arimatea, en het uitgesien na die •koninkryk van God. Hy het na •Pilatus gegaan en Jesus se liggaam gevra.
LUKAS 23:51-52 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
(Hy het nie ingestem met die raad en daad van hulle nie;) hy was van Arimathéa, 'n stad van die Jode, wat self ook op die koninkryk van God gewag het. Hierdie man het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gesmeek.