LUKAS 23:41-43
LUKAS 23:41-43 Die Boodskap (DB)
Ons twee verdien om hier te hang, want ons is misdadigers. Maar hierdie Man het net mooi niks verkeerds gedoen nie.” Toe kyk hierdie man na Jesus toe en sê: “Ag, Here, sal U asseblief aan my dink wanneer U daar in God se woonplek aankom?” “Ek het baie goeie nuus vir jou,” het Jesus dadelik geantwoord. “Jy gaan nie meer na die doderyk toe nie. Nee, jy gaan saam met My na die paradys toe. Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak.”
LUKAS 23:41-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In ons geval is dit regverdig – ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom! ” Jesus het hom geantwoord: “•Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:41-43 Bybel vir almal (ABA)
Dit is reg dat hulle ons straf, want ons het verkeerde dinge gedoen. Maar Jesus het niks verkeerd gedoen nie.” Toe sê hy vir Jesus: “Jesus, dink aan my wanneer God vir U Koning maak.” En Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:41-43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
LUKAS 23:41-43 Afrikaans 1983 (AFR83)
In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:41-43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In ons geval is dit regverdig – ons word tereg gestraf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy sê toe: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom! ” Jesus het hom geantwoord: “•Amen, Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
LUKAS 23:41-43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ons is wel tereg; want ons ontvang die gepaste loon vir ons dade, maar hierdie man het niks verkeerd gedoen nie. En hy sê vir Jesus: Here, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.
LUKAS 23:41-43 Die Boodskap (DB)
Ons twee verdien om hier te hang, want ons is misdadigers. Maar hierdie Man het net mooi niks verkeerds gedoen nie.” Toe kyk hierdie man na Jesus toe en sê: “Ag, Here, sal U asseblief aan my dink wanneer U daar in God se woonplek aankom?” “Ek het baie goeie nuus vir jou,” het Jesus dadelik geantwoord. “Jy gaan nie meer na die doderyk toe nie. Nee, jy gaan saam met My na die paradys toe. Vandag nog sal jy jou oë daar oopmaak.”
LUKAS 23:41-43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons het dit terdeë verdien, want ons verdien die straf vir wat ons gedoen het. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” Hy het verder gesê: “Jesus, onthou my asseblief wanneer U in u koninkryk kom.” Jesus se antwoord was: “Ek verseker jou, vandag nog sal jy saam met My in die paradys wees.”