LUKAS 22:54-71

LUKAS 22:54-71 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hulle het Jesus toe gevange geneem en Hom weggelei en in die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het op 'n afstand agterna gekom. In die middel van die binneplaas was daar 'n vuur, en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit. 'n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.” Maar Petrus het dit ontken deur te sê: “Juffrou, ek ken Hom nie!” 'n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.” Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!” Na verloop van sowat 'n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook 'n Galileër!” Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!” En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar 'n haan gekraai. Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: “Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.” En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil. Die manne wat vir Jesus bewaak het, het aangehou om met Hom die spot te dryf en Hom te slaan. Hulle het Hom geblinddoek en gesê: “Jy is mos 'n profeet! Sê wie het jou geslaan!” En nog baie ander godslasterlike dinge het hulle Hom toegesnou. Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; en al sou Ek vir julle 'n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie. Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.” Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!” Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”

LUKAS 22:54-71 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe het hulle Hom geneem en Hom gelei en Hom in die hoëpriester se huis gebring. En Petrus het ver weg gevolg. En toe hulle 'n vuur in die middel van die saal aangesteek het en saam gaan sit het, het Petrus tussen hulle gaan sit. Maar 'n sekere diensmeisie het hom gesien terwyl hy by die vuur sit, en hom ernstig aangekyk en gesê: Hierdie man was ook by hom. En hy het hom verloën en gesê: Vrou, ek ken hom nie. En ná 'n rukkie het 'n ander hom gesien en gesê: Jy is ook van hulle. En Petrus sê: Mens, ek is nie. En omtrent 'n uur daarna het 'n ander dit vol vertroue bevestig en gesê: Voorwaar, hierdie man was ook by hom, want hy is 'n Galiléër. En Petrus sê: Mens, ek weet nie wat jy sê nie. En dadelik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. En die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. En Petrus het die woord van die Here onthou hoe Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het uitgegaan en bitterlik geween. En die manne wat Jesus vasgehou het, het hom gespot en hom geslaan. En toe hulle hom geblinddoek het, het hulle hom in die gesig geslaan en hom gevra en gesê: Profeteer, wie is dit wat jou geslaan het? En baie ander dinge het hulle godslasterlik teen Hom gespreek. En toe dit dag geword het, het die oudstes van die volk en die owerpriesters en die skrifgeleerdes bymekaargekom en Hom na hulle raad gelei en gesê: Is U die Christus? vertel ons. En Hy sê vir hulle: As Ek dit vir julle sê, sal julle nie glo nie. En as ek julle ook vra, sal julle my nie antwoord nie en my nie laat gaan nie. Hierna sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God. Toe sê hulle almal: Is U dan die Seun van God? En Hy sê vir hulle: Julle sê dat Ek is. En hulle sê: Wat het ons nog getuienis nodig? want ons het self uit sy eie mond gehoor.

LUKAS 22:54-71 Bybel vir almal (ABA)

Hulle het toe vir Jesus gevang en hulle het Hom na die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het ook saamgegaan, maar hy het nie naby Jesus geloop nie. Die mense wat vir Jesus gevang het, het 'n vuur aangesteek op die oop stuk grond voor die huis, en hulle het daar gaan sit. Petrus het ook by hulle gaan sit. Een van die meisies wat daar werk, het vir Petrus gesien waar hy by die vuur sit. Sy het lank na hom gekyk en gesê: “Hierdie man was ook saam met Jesus.” Maar Petrus het gesê dit is nie waar nie. Hy het gesê: “Mevrou, ek ken Hom nie.” 'n Bietjie later het iemand anders, 'n man wat ook daar werk, vir Petrus gesien en gesê: “Jy is ook een van Jesus se mense.” Maar Petrus het gesê: “Man, ek is nie.” Ná omtrent 'n uur het 'n ander man ook gesê: “Maar ek is baie seker, hierdie man wás saam met Jesus se mense, want hy kom ook van Galilea.” Maar Petrus het gesê: “Man, ek weet nie van wie jy praat nie.” En dadelik, terwyl Petrus praat, het die haan gekraai. Toe draai die Here om en Hy kyk na Petrus. Petrus het onthou wat Jesus vir hom gesê het: “Jy sal vandag drie maal sê jy ken My nie. Jy sal dit sê voordat die haan kraai.” Petrus het buitetoe gegaan en hy het hard gehuil. Die wagte wat vir Jesus gevang het, het Hom gespot en geslaan. Hulle het sy oë toegebind en vir Hom gesê: “Wys vir ons jy is 'n profeet en sê vir ons wie het jou geslaan.” Hulle het Hom ook nog op baie ander maniere beledig. Toe dit dag geword het, het die Joodse Raad vergadering gehou. Hulle was die Sanhedrin, dit is die familieleiers, die priesterleiers en die skrifgeleerdes. Hulle het vir Jesus voor hulle laat staan. Hulle sê toe vir Jesus: “Sê vir ons reguit of jy die Christus is.” Jesus het vir hulle gesê: “As Ek vir julle reguit sê wie Ek is, dan sal julle My nie glo nie. En as Ek vir julle iets vra, dan sal julle My ook nie antwoord nie. Maar van nou af sal Ek, die Seun van die mens, sit op die belangrikste plek langs God, God wat sterk is en wat oor almal regeer.” Al die Raadslede het toe vir Jesus gevra: “Maar is jy die Seun van God?” En Jesus het geantwoord: “Julle sê self Ek is.” Toe sê die lede van die Raad: “Ons het nou genoeg gehoor. Ons het self gehoor wat hy sê.”

LUKAS 22:54-71 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg. En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit. En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom. Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie. En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie. En ná verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galiléër. Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween. EN die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan. En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het. En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek. En toe dit dag word, het die oudstes van die volk — die owerpriesters en skrifgeleerdes — vergader en Hom voor hulle Raad gebring en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie. En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie. Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God. En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is. Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.

LUKAS 22:54-71 Afrikaans 1983 (AFR83)

Hulle het Jesus toe gevange geneem en Hom weggelei en in die huis van die hoëpriester gebring. Petrus het op 'n afstand agterna gekom. In die middel van die binneplaas was daar 'n vuur, en daar het mense bymekaar gesit. Petrus het tussen hulle gaan sit. 'n Diensmeisie wat hom in die skynsel van die vuur sien sit het, het hom goed bekyk en gesê: “Dié een was ook saam met daardie man.” Maar Petrus het dit ontken deur te sê: “Juffrou, ek ken Hom nie!” 'n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.” Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!” Na verloop van sowat 'n uur het nog een met beslistheid beweer: “Sowaar, dié een was ook saam met daardie man. Hy is mos ook 'n Galileër!” Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!” En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het daar 'n haan gekraai. Die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. Toe val dit Petrus by wat die Here vir hom gesê het: “Voordat die haan vannag kraai, sal jy My drie maal verloën.” En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil. Die manne wat vir Jesus bewaak het, het aangehou om met Hom die spot te dryf en Hom te slaan. Hulle het Hom geblinddoek en gesê: “Jy is mos 'n profeet! Sê wie het jou geslaan!” En nog baie ander godslasterlike dinge het hulle Hom toegesnou. Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; en al sou Ek vir julle 'n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie. Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.” Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!” Daarop sê hulle: “Waarvoor het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos uit sy eie mond gehoor!”

LUKAS 22:54-71 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Nadat hulle Jesus gevange geneem het, het hulle Hom weggelei en die hoëpriester se ampswoning binnegelei. •Petrus het op 'n afstand gevolg. Hulle het 'n vuur in die middel van die voorhof aangesteek en daar by mekaar gaan sit, met Petrus tussen hulle. Toe 'n sekere diensmeisie hom daar in die lig van die vuur sien sit, het sy na hom gekyk en gesê: “Hy was ook saam met Hom.” Maar hy het dit ontken: “Ek ken Hom nie, vrou!” 'n Rukkie later het iemand anders hom opgemerk en gesê: “Jy is ook een van hulle.” Maar Petrus sê: “Man, ek is nie!” Ná ongeveer 'n uur het iemand anders daarop aangedring en gesê: “Sowaar, ook hy was saam met Hom, want hy is ook 'n Galileër!” Maar Petrus sê: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie.” En dadelik, terwyl hy nog besig was om te praat, het 'n haan gekraai. Die Here het omgedraai en stip na Petrus gekyk, en Petrus het die woorde van die Here onthou, dat Hy vir hom gesê het: “Voordat 'n haan vandag kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het na buite gegaan en bitterlik begin huil. Die manne wat Hom gevange gehou het, was besig om die spot met Hom te dryf en Hom te slaan. Hulle het Hom geblinddoek en vir Hom gesê: “Toe, profeteer! Wie is dit wat u geslaan het?” En hulle het aangehou om Hom nog baie ander beledigende dinge toe te voeg. Teen dagbreek het die Raad van Familiehoofde byeengekom, die leierpriesters en skrifkenners, en hulle het Hom na hulle Sanhedrin weggelei. Hulle het gesê: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy sê vir hulle: “As Ek dit vir julle sê, sal julle My beslis nie glo nie. En as Ek 'n vraag vra, sal julle beslis nie antwoord nie. Maar van nou af sal ‘die •Seun van die Mens sit aan die regterhand van God, die Magtige. ’ ” Toe vra hulle almal: “Is jy dus die •Seun van God?” En Hy antwoord hulle: “Dit is julle wat sê dat Ek is.” Daarop sê hulle: “Waarom het ons enige verdere getuienis nodig? Want ons het dit self uit sy mond gehoor!”

LUKAS 22:54-71 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

Toe het hulle Hom geneem en Hom gelei en Hom in die hoëpriester se huis gebring. En Petrus het ver weg gevolg. En toe hulle 'n vuur in die middel van die saal aangesteek het en saam gaan sit het, het Petrus tussen hulle gaan sit. Maar 'n sekere diensmeisie het hom gesien terwyl hy by die vuur sit, en hom ernstig aangekyk en gesê: Hierdie man was ook by hom. En hy het hom verloën en gesê: Vrou, ek ken hom nie. En ná 'n rukkie het 'n ander hom gesien en gesê: Jy is ook van hulle. En Petrus sê: Mens, ek is nie. En omtrent 'n uur daarna het 'n ander dit vol vertroue bevestig en gesê: Voorwaar, hierdie man was ook by hom, want hy is 'n Galiléër. En Petrus sê: Mens, ek weet nie wat jy sê nie. En dadelik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. En die Here het omgedraai en Petrus aangekyk. En Petrus het die woord van die Here onthou hoe Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En Petrus het uitgegaan en bitterlik geween. En die manne wat Jesus vasgehou het, het hom gespot en hom geslaan. En toe hulle hom geblinddoek het, het hulle hom in die gesig geslaan en hom gevra en gesê: Profeteer, wie is dit wat jou geslaan het? En baie ander dinge het hulle godslasterlik teen Hom gespreek. En toe dit dag geword het, het die oudstes van die volk en die owerpriesters en die skrifgeleerdes bymekaargekom en Hom na hulle raad gelei en gesê: Is U die Christus? vertel ons. En Hy sê vir hulle: As Ek dit vir julle sê, sal julle nie glo nie. En as ek julle ook vra, sal julle my nie antwoord nie en my nie laat gaan nie. Hierna sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God. Toe sê hulle almal: Is U dan die Seun van God? En Hy sê vir hulle: Julle sê dat Ek is. En hulle sê: Wat het ons nog getuienis nodig? want ons het self uit sy eie mond gehoor.

LUKAS 22:54-71 Die Boodskap (DB)

Die mense het Jesus gevange geneem. Van daar af is hulle met Hom reguit na die hoëpriester se huis toe. Petrus het hulle op ’n veilige afstand gevolg. Hy het gesien dat ’n klompie mense ’n vuur daar in die agterplaas gemaak het om hulle warm te hou. Hy het toe tussen hulle gaan sit. Een van die vroue wat in die hoëpriester se kombuis werk, het hom dadelik herken. Sy sê vir die ander: “Ek het daardie man al saam met Jesus van Nasaret gesien. Hy is een van sy vriende.” Maar Petrus het dit dadelik ontken en gesê: “Vroumens, jy maak ’n groot fout! Ek en daardie man is glad nie vriende nie.” ’n Rukkie later het iemand anders ook vir Petrus herken en vir hom gesê: “Maar jy is dan een van die volgelinge van daardie Jesus!” “Kyk, jy’s heeltemal laf!” het Petrus vinnig gereageer. ’n Uur of wat later het nog iemand vir die ander mense gesê: “Sowaar, daardie man is ook ’n volgeling van daardie man van Nasaret. Luister net na sy aksent. Hulle klomp daar in Galilea sê mos sekere woorde anders as ons hier in Judea.” “Hoor hier, ek was nog nooit eens naby Hom nie,” het Petrus geantwoord. Terwyl hy nog praat, het ’n haan iewers in die vroeë oggendure gekraai. Jesus het geweet dat Petrus so ’n entjie van Hom af tussen die mense staan. Die Here draai toe om en kyk hom stip in die oë. Toe tref die Here se woorde van vroeër die aand vir Petrus soos ’n voorhamer: “Nog voor die haan môreoggend kraai, sal jy drie keer maak of jy My nie ken nie.” Petrus het toe in die donker ingehardloop en bitterlik gehuil. Intussen het die spul wat vir Jesus gevang het met Hom gespot en Hom rondgestamp. Hulle het Hom geslaan en gesê: “Toe, sê vir ons wat is die man se naam wat jou slaan. Jy is mos so ’n groot profeet!” Hulle het Jesus ook beledig en allerhande godslasterlike dinge teenoor Hom kwytgeraak. Die volgende oggend het ’n paar godsdienstige leiers besluit om Jesus voor die Joodse Raad te bring. ’n Noodvergadering van die Joodse Raad waarop al die belangrikste godsdienstige leiers sitting gehad het, is dadelik belê. Toe Jesus voor hulle kom, sê hulle vir Hom: “Kyk, moenie met ons speletjies speel nie. Sê reguit vir ons: is jy die Christus, die Een wat deur God na ons toe gestuur is, of nie?” “Wat help dit Ek antwoord julle? Julle sal My in elk geval nie glo nie,” het Jesus gesê. “En as Ek julle iets vra, sal julle My ook nie antwoord nie. Maar kyk, van nou af sal alles begin verander. Julle sal nog die Seun van die mens op die belangrikste plek in die hemel sien sit. Hy sal daar langs God wees aan wie al die mag behoort.” “Dink jy regtig jy is die Seun van God?” “Julle sê Ek is!” Toe het die lede van die Joodse Raad ontplof van woede. “Wat meer het ons nodig? Nou het ons mos uit sy eie mond gehoor dat hy ’n godslasteraar is. Hy maak asof hy God is.”

LUKAS 22:54-71 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Nadat hulle Jesus gearresteer het, het hulle Hom weggelei en in die huis van die hoofpriester ingebring. Petrus het op ’n afstand gevolg. In die middel van die binnehof was daar ’n vuur wat knetterend gebrand het, met mense wat daar rondom sit. Petrus het tussen hulle gaan sit. ’n Diensmeisie het hom raakgesien waar hy sigbaar in die vlammegloed gesit het. Nadat sy hom goed bekyk het, sê sy: “Hý was ook saam met daardie man.” Petrus het dit egter heftig ontken: “Vrou, ek ken Hom glad nie!” ’n Rukkie later merk iemand anders hom op en sê: “Hy is mos ook uit hulle geledere.” Petrus se reaksie was: “Man, ek is beslis nie!” Ná ’n tussenpose van ongeveer ’n uur het ’n ander persoon ferm bevestig: “Hierdie man was vir seker saam met hom. Hy is tog ook ’n Galileër.” Petrus het geantwoord: “Man, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie!” Eensklaps, terwyl hy nog besig is om te praat, het daar ’n haan gekraai. Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk. Petrus het die Here se woorde onthou toe Hy aan hom gesê het: “Voordat die haan nog vannag kraai, sal jy drie keer ontken dat jy My ken.” En hy het buitentoe gegaan en onbedaarlik gehuil. Die soldate wat Jesus bewaak het, het Hom gekoggel en geslaan. Hulle het Hom geblinddoek en aanhou sê: “Profeteer wie dit is wat jou geslaan het!” Hulle het Hom bly laster deur baie ander dinge teen Hom kwyt te raak. Toe die nuwe dag breek, het die volksleiers, dit is die priesterhoofde en skrifkenners, saamgekom en hulle het Jesus voor hulle Raad gebring. Hulle sê toe: “As jy die Messias is, sê dit vir ons.” Hy het hulle geantwoord: “As Ek dit vir julle sou sê, sal julle My glad nie glo nie. Al sou Ek ook ’n vraag stel, sal julle glad nie antwoord nie. Maar van nou af sal Ek, die Seun van die Mens, aan die regterhand van die sterke God sit.” Toe vra hulle almal: “Is jy dan die Seun van God?” Hy antwoord hulle: “Dit is soos julle sê – Ek is.” Die reaksie was: “Waarom het ons dan nog getuienis nodig? Ons het dit mos nou self uit sy eie mond gehoor!”