LUKAS 22:39-40
LUKAS 22:39-40 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het uitgegaan na die Olyf-berg. Hy het dit elke aand gedoen vandat Hy in Jerusalem gekom het. Die dissipels het saam met Hom gegaan. Toe hulle by die Olyf-berg kom, het Jesus vir die dissipels gesê: “Julle moet bid dat julle sal aanhou om My te volg, ook wanneer julle swaarkry.”
LUKAS 22:39-40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.
LUKAS 22:39-40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonte Olyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg. Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie in versoeking kom nie.”
LUKAS 22:39-40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het vertrek en, soos gewoonlik, na die Olyfberg gegaan. En die dissipels het Hom gevolg. Toe Hy by die plek aankom, sê Hy vir hulle: “Bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”
LUKAS 22:39-40 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het uitgegaan en soos hy gewoond was, na die Olyfberg gegaan; en sy dissipels het Hom ook gevolg. En toe Hy op die plek was, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.