LUKAS 21:27-28
LUKAS 21:27-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
LUKAS 21:27-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En dan sal hulle vir My, die Seun van die Mens, sien kom op ’n wolk met krag en groot heerlikheid. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan fier en regop en lig julle koppe op, want dan het julle verlossing naby gekom.”
LUKAS 21:27-28 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal almal vir My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom, en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, dan moet julle ophou om moedeloos te wees, want dan weet julle dat God julle gou sal kom vrymaak.”
LUKAS 21:27-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.”
LUKAS 21:27-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En dan sal hulle ‘die •Seun van die Mens op 'n wolk sien kom’ met krag en groot heerlikheid. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby. ”
LUKAS 21:27-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk met krag en groot heerlikheid. En wanneer hierdie dinge begin gebeur, kyk dan op en hef julle hoofde op; want jou verlossing kom naby.
LUKAS 21:27-28 Die Boodskap (DB)
Maar dan, skielik, sal die Seun daar wees. Almal sal Hom sien wanneer Hy met sy hemelse krag en heerlikheid op die toneel verskyn. “Wanneer al hierdie dinge begin gebeur, moet julle nie bang wees nie. Want God se nuwe wêreld waarna julle so uitgesien het, is dan voor die deur. Begin solank kyk of julle nie al die Seun sien aankom nie, want Hy gaan enige oomblik op die toneel verskyn!