LUKAS 21:26
LUKAS 21:26 Bybel vir almal (ABA)
Mense sal sterf omdat hulle bang is, omdat hulle sal weet dat vreeslike dinge in die wêreld sal gebeur. Ja, God sal die hemel skud en alles wat daarin is.
LUKAS 21:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
LUKAS 21:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
LUKAS 21:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mense sal flou val van vrees en vermoedens oor wat die wêreld gaan tref, want die kragte van die hemele sal geskud word.
LUKAS 21:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mense se harte beswyk hulle van vrees en om te sien na die dinge wat op die aarde kom, want die kragte van die hemel sal geskud word. Mense se harte beswyk hulle van vrees en om te sien na die dinge wat op die aarde kom, want die kragte van die hemel sal geskud word.