LUKAS 21:20-38

LUKAS 21:20-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel is, moet julle weet dat haar verwoesting naby is. Dan moet hulle wat in Judea is, na die berge vlug, en hulle wat binne die stad self is, moet uitgaan, en hulle wat op die platteland is, moet die stad nie binnegaan nie; want daardie dae is dae van vergelding, sodat alles wat geskryf is, vervul sal word. Wee hulle wat in daardie dae swanger is en borsvoed, want daar sal groot nood in die land wees en straf vir hierdie volk. Hulle sal val deur die skerpte van die swaard en as gevangenes na al die nasies weggevoer word, en Jerusalem sal deur die nasies vertrap word , totdat die bestemde tyd van die nasies vervul is. ” “Dan sal daar tekens wees in die son en die maan en die sterre, en op die aarde sal die nasies beangs en verward wees oor die gedreun en hoë golwe van die see. Mense sal flou val van vrees en vermoedens oor wat die wêreld gaan tref, want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle ‘die •Seun van die Mens op 'n wolk sien kom’ met krag en groot heerlikheid. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby. ” Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: “Kyk na die vyeboom en al die ander bome. Wanneer hulle reeds bot, merk julle dit self op en weet dat die somer naby is. So moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die •koninkryk van God naby is. •Amen, Ek sê vir julle: Hierdie geslag sal beslis nie tot 'n einde kom voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal tot 'n einde kom, maar my woorde sal beslis nie tot 'n einde kom nie. “Wees op julle hoede dat julle harte nie belas word deur oormatige gefuif en dronkenskap en die bekommernisse van die lewe, en daardie dag julle onverwags betrap soos 'n valstrik nie. Want dit sal oor almal kom wat op die hele aarde woon. Wees te alle tye waaksaam , en bid dat julle in staat sal wees om al hierdie dinge wat gaan gebeur, te ontvlug, en voor die •Seun van die Mens te kan staan. ” Jesus het bedags op die tempelterrein onderrig gegee, maar snags het Hy uitgegaan om op die Olyfberg te oornag. En die hele volk het vroeg opgestaan om op die tempelterrein na Hom te gaan luister.

LUKAS 21:20-38 Die Boodskap (DB)

“As julle die dag sien dat ’n vreemde leër besig is om Jerusalem te omsingel, moet julle weet dat sy dae getel is. Dan moet julle so gou moontlik daar padgee. Gaan kruip iewers in die heuwels in Judea weg. Maak net dat julle wegkom! As julle dalk buite Jerusalem bly en op pad soontoe is, draai dadelik om. Want dit sal ’n verskriklike tyd wees. God se oordeel sal dan op Jerusalem uitgegiet word net soos die profete lankal gewaarsku het. “Ek kry veral vroue jammer wat dan verwag of wat nog klein babatjies het. Hulle gaan bitter swaarkry! Want oral gaan daar groot bloedvergieting en lyding wees. Dit sal ’n tyd van wraak wees soos Jerusalem nog nooit beleef het nie. Baie mense sal in daardie tyd doodgemaak word of as gevangenes na ander lande toe weggevat word. Ander volke sal in Jerusalem instroom en dit onder hulle voete vertrap. Hierdie dinge sal aanhou totdat God uiteindelik besluit dis genoeg.” “Op ’n dag sal verskriklike dinge begin gebeur. “Die son, die maan en die sterre sal skielik onheilspellend begin verander. Hulle sal nie meer dieselfde lyk nie. Hulle sal begin skud en uit die hemel val. “Oral op die aarde sal chaos losbreek. Die natuurwette wat alles in die skepping beheer, sal skielik hulle krag verloor. Dan sal die see oor almal begin spoel. “Al hierdie dinge sal die mense rasend van vrees maak. Almal sal doodbang wees. Maar dan, skielik, sal die Seun daar wees. Almal sal Hom sien wanneer Hy met sy hemelse krag en heerlikheid op die toneel verskyn. “Wanneer al hierdie dinge begin gebeur, moet julle nie bang wees nie. Want God se nuwe wêreld waarna julle so uitgesien het, is dan voor die deur. Begin solank kyk of julle nie al die Seun sien aankom nie, want Hy gaan enige oomblik op die toneel verskyn! “Julle het netnou gevra wanneer al hierdie dinge gaan gebeur. Wel, luister gou na hierdie voorbeeld uit die natuur. Hoe weet ’n boer die somer is naby? Hy kyk na die vrugtebome. As hulle blaartjies en blommetjies begin maak, weet hy dat die somer net om die draai is. Nou ja, al hierdie dinge wat Ek so pas vir julle vertel het, moet vir julle soos die ‘blaartjies en blommetjies’ wees wat sê dat God se nuwe wêreld voor die deur is. “Luister mooi. Wat Ek nou sê, is spesiaal vir julle bedoel. In julle leeftyd sal hierdie dinge al begin gebeur. Moenie dink dis net praatjies nie. Julle dink die hemel en die aarde staan vas, maar Ek sê vir julle dat my woorde nog honderd maal vaster staan. “Staan reg vir daardie groot dag. Wees gereed. Moenie julle oorgee aan dronkpartytjies en allerhande vieslike sondes nie. Moet ook nie so besig raak met julle werk dat julle vergeet om te kyk hoe laat dit al op God se horlosie is nie. Dan gaan daardie dag julle heeltemal onkant betrap. Moenie soos baie ander mense op die laaste dag benoud begin rondhardloop omdat julle nie gereed is nie. “Ek waarsku julle nou voor die tyd: kry julle lewe in orde. Vandag nog! Bid elke dag dat die Here julle sal oppas en julle sal help om reg te leef. Dan sal julle vol vreugde voor die Seun van die mens gaan staan.” In daardie tyd het Jesus elke dag na die tempel toe gegaan om met die mense te praat oor God se nuwe wêreld. In die aande het Hy op die Olyfberg net buitekant Jerusalem gaan slaap. ’n Groot skare mense het al vroeg elke oggend na die tempel toe gestroom om te hoor wat Hy sê.

LUKAS 21:20-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug, en dié wat in die stad is, daaruit padgee, en dié wat op die plase is, nie na die stad toe gaan nie, want in daardie dae voltrek God sy straf. Alles wat geskrywe staan, word dan bewaarheid. “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het, want daar sal groot nood in die land heers, en God sal hierdie volk straf. “Sommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is.” “Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.” Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die ander bome. Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is. Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is. Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge gebeur. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.” “Wees op julle hoede dat julle gees nie deur onmatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos 'n vangnet oorval nie. Daardie dag sal skielik op al die bewoners van die hele aarde neerkom. Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” Bedags was Jesus in die tempel besig om die mense te leer, maar snags het Hy uitgegaan en buite op die Olyfberg vernag. In die môre vroeg het die hele volk dan weer in die tempel na Hom kom luister.

LUKAS 21:20-38 Bybel vir almal (ABA)

“Wanneer julle sien die soldate van die vyande is rondom Jerusalem, dan moet julle weet dit is nog net 'n kort tydjie, dan sal die vyande Jerusalem verwoes. Wanneer dít gebeur, dan moet die mense wat in Judea is, na die berge vlug. En die mense in Jerusalem moet weghardloop. En die mense buite die stad moenie na Jerusalem kom nie. Want dit sal 'n tyd wees wanneer God die mense van Jerusalem sal straf, sodat alles kan gebeur wat in die Ou Testament geskryf is. Dit sal in daardie tyd sleg gaan met vroue wat babas verwag of wat kinders het wat nog aan hulle drink. Want die mense in die land Judea sal swaarkry, God sal dan begin om hulle swaar te straf. Die vyande sal party mense van Judea doodmaak. En hulle sal ander mense vang en wegvat na al die ander volke van die wêreld. Ander mense sal in Jerusalem kom woon en hulle sal die stad ontwy. En al hierdie dinge sal aanhou totdat die tyd kom wanneer die Here die volke sal straf.” “Daar sal wonderlike dinge gebeur met die son en die maan en die sterre. Die mense op die aarde sal baie bang word, want alles sal deurmekaar wees. Die branders van die see sal so wild word dat die mense nie sal weet wat gebeur nie. Mense sal sterf omdat hulle bang is, omdat hulle sal weet dat vreeslike dinge in die wêreld sal gebeur. Ja, God sal die hemel skud en alles wat daarin is. Dan sal almal vir My, die Seun van die mens, sien. Ek sal op die wolke kom, en Ek sal alles kan doen wat Ek wil doen. Ek sal die Groot Koning wees. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, dan moet julle ophou om moedeloos te wees, want dan weet julle dat God julle gou sal kom vrymaak.” Jesus het vir sy dissipels 'n gelykenis vertel. Hy het gesê: “Julle moet kyk na die vyeboom en al die ander bome. Wanneer die blare begin groei, dan weet julle en kan julle self sien die somer is naby. So ook: Wanneer julle al hierdie dinge sien gebeur, dan moet julle weet die tyd is naby wanneer God Koning sal wees. Ek sê vir julle, en dit is seker: Party mense wat nou lewe, sal nog lewe wanneer al hierdie dinge gebeur. Die hemel en die aarde sal eendag verdwyn, maar my woorde sal altyd waar wees.” “Julle moet oppas, julle moenie julle geld mors en dronk word en bekommerd wees oor hoe julle sal lewe nie, want dan sal julle vir God vergeet. En die dag wanneer God Koning sal word, sal dan vir julle te skielik kom. Dit sal wees soos 'n vangstrik wat skielik 'n voël vang. Ja, dit sal skielik gebeur met al die mense wat op die aarde woon. Julle moet altyd gereed wees. Julle moet bid dat julle krag sal hê om weg te vlug van al hierdie dinge wat gou sal gebeur. Julle moet bid dat julle gereed sal wees wanneer die Seun van die mens julle sal oordeel.” Jesus het in die dag vir die mense in die tempel geleer, maar wanneer dit aand geword het, het Hy uitgegaan na die Olyf-berg en Hy het die hele nag daar gebly. En vroeg die volgende oggend het al die mense weer na Hom kom luister by die tempel.

LUKAS 21:20-38 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

EN wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal 'n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is. EN daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie. Want soos 'n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. EN Hy was oordag in die tempel besig om te leer, en snags het Hy uitgegaan en vernag op die berg wat die Olyfberg genoem word. En die hele volk het vroeg in die môre na Hom in die tempel gekom om na Hom te luister.

LUKAS 21:20-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet dié wat in Judea is, die berge in vlug, en dié wat in die stad is, daaruit padgee, en dié wat op die plase is, nie na die stad toe gaan nie, want in daardie dae voltrek God sy straf. Alles wat geskrywe staan, word dan bewaarheid. “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het, want daar sal groot nood in die land heers, en God sal hierdie volk straf. “Sommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is.” “Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.” Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die ander bome. Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is. Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is. Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge gebeur. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.” “Wees op julle hoede dat julle gees nie deur onmatige etery en drinkery en deur die sorge van die lewe afgestomp word nie en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos 'n vangnet oorval nie. Daardie dag sal skielik op al die bewoners van die hele aarde neerkom. Maar wees waaksaam en bid altyddeur dat julle die krag kan ontvang om deur al hierdie dinge wat gaan gebeur, behoue deur te kom en om voor die Seun van die mens te verskyn.” Bedags was Jesus in die tempel besig om die mense te leer, maar snags het Hy uitgegaan en buite op die Olyfberg vernag. In die môre vroeg het die hele volk dan weer in die tempel na Hom kom luister.

LUKAS 21:20-38 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel is, moet julle weet dat haar verwoesting naby is. Dan moet hulle wat in Judea is, na die berge vlug, en hulle wat binne die stad self is, moet uitgaan, en hulle wat op die platteland is, moet die stad nie binnegaan nie; want daardie dae is dae van vergelding, sodat alles wat geskryf is, vervul sal word. Wee hulle wat in daardie dae swanger is en borsvoed, want daar sal groot nood in die land wees en straf vir hierdie volk. Hulle sal val deur die skerpte van die swaard en as gevangenes na al die nasies weggevoer word, en Jerusalem sal deur die nasies vertrap word , totdat die bestemde tyd van die nasies vervul is. ” “Dan sal daar tekens wees in die son en die maan en die sterre, en op die aarde sal die nasies beangs en verward wees oor die gedreun en hoë golwe van die see. Mense sal flou val van vrees en vermoedens oor wat die wêreld gaan tref, want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle ‘die •Seun van die Mens op 'n wolk sien kom’ met krag en groot heerlikheid. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan op en lig julle koppe, want julle bevryding is naby. ” Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel: “Kyk na die vyeboom en al die ander bome. Wanneer hulle reeds bot, merk julle dit self op en weet dat die somer naby is. So moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die •koninkryk van God naby is. •Amen, Ek sê vir julle: Hierdie geslag sal beslis nie tot 'n einde kom voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal tot 'n einde kom, maar my woorde sal beslis nie tot 'n einde kom nie. “Wees op julle hoede dat julle harte nie belas word deur oormatige gefuif en dronkenskap en die bekommernisse van die lewe, en daardie dag julle onverwags betrap soos 'n valstrik nie. Want dit sal oor almal kom wat op die hele aarde woon. Wees te alle tye waaksaam , en bid dat julle in staat sal wees om al hierdie dinge wat gaan gebeur, te ontvlug, en voor die •Seun van die Mens te kan staan. ” Jesus het bedags op die tempelterrein onderrig gegee, maar snags het Hy uitgegaan om op die Olyfberg te oornag. En die hele volk het vroeg opgestaan om op die tempelterrein na Hom te gaan luister.

LUKAS 21:20-38 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingel sal sien, weet dan dat sy verwoesting naby is. Laat dan die wat in Judéa is, na die berge vlug; en laat die wat daarin is, weggaan; en laat die wat in die lande is, nie daarin ingaan nie. Want dit is die dae van wraak, sodat alles vervul kan word wat geskrywe is. Maar wee die swangeres en die wat soog, in daardie dae! want daar sal groot benoudheid in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en in ballingskap weggevoer word na al die nasies; en Jerusalem sal vertrap word deur die heidene totdat die tye van die heidene vervul is. En daar sal tekens wees aan die son en aan die maan en aan die sterre; en op die aarde benoudheid van nasies, met radeloosheid; die see en die branders wat dreun; Mense se harte beswyk hulle van vrees en om te sien na die dinge wat op die aarde kom, want die kragte van die hemel sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk met krag en groot heerlikheid. En wanneer hierdie dinge begin gebeur, kyk dan op en hef julle hoofde op; want jou verlossing kom naby. En Hy het vir hulle 'n gelykenis vertel; Kyk die vyeboom en al die bome; Wanneer hulle nou uitskiet, sien en weet julle van julleself dat die somer nou naby is. So weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat die koninkryk van God naby is. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal nie verbygaan voordat alles vervul is nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nie verbygaan nie. En pas op vir julleself dat julle harte nie ooit oorlaai word met swelling en dronkenskap en sorge van hierdie lewe nie, en dat daardie dag julle onverhoeds oorval nie. Want soos 'n strik sal dit kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, dat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat sal gebeur te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. En bedags was Hy besig om in die tempel te leer; en in die nag het hy uitgegaan en gebly op die berg wat die Olyfberg genoem word. En die hele volk het die môre vroeg na hom in die tempel gekom om na hom te luister.

LUKAS 21:20-38 Die Boodskap (DB)

“As julle die dag sien dat ’n vreemde leër besig is om Jerusalem te omsingel, moet julle weet dat sy dae getel is. Dan moet julle so gou moontlik daar padgee. Gaan kruip iewers in die heuwels in Judea weg. Maak net dat julle wegkom! As julle dalk buite Jerusalem bly en op pad soontoe is, draai dadelik om. Want dit sal ’n verskriklike tyd wees. God se oordeel sal dan op Jerusalem uitgegiet word net soos die profete lankal gewaarsku het. “Ek kry veral vroue jammer wat dan verwag of wat nog klein babatjies het. Hulle gaan bitter swaarkry! Want oral gaan daar groot bloedvergieting en lyding wees. Dit sal ’n tyd van wraak wees soos Jerusalem nog nooit beleef het nie. Baie mense sal in daardie tyd doodgemaak word of as gevangenes na ander lande toe weggevat word. Ander volke sal in Jerusalem instroom en dit onder hulle voete vertrap. Hierdie dinge sal aanhou totdat God uiteindelik besluit dis genoeg.” “Op ’n dag sal verskriklike dinge begin gebeur. “Die son, die maan en die sterre sal skielik onheilspellend begin verander. Hulle sal nie meer dieselfde lyk nie. Hulle sal begin skud en uit die hemel val. “Oral op die aarde sal chaos losbreek. Die natuurwette wat alles in die skepping beheer, sal skielik hulle krag verloor. Dan sal die see oor almal begin spoel. “Al hierdie dinge sal die mense rasend van vrees maak. Almal sal doodbang wees. Maar dan, skielik, sal die Seun daar wees. Almal sal Hom sien wanneer Hy met sy hemelse krag en heerlikheid op die toneel verskyn. “Wanneer al hierdie dinge begin gebeur, moet julle nie bang wees nie. Want God se nuwe wêreld waarna julle so uitgesien het, is dan voor die deur. Begin solank kyk of julle nie al die Seun sien aankom nie, want Hy gaan enige oomblik op die toneel verskyn! “Julle het netnou gevra wanneer al hierdie dinge gaan gebeur. Wel, luister gou na hierdie voorbeeld uit die natuur. Hoe weet ’n boer die somer is naby? Hy kyk na die vrugtebome. As hulle blaartjies en blommetjies begin maak, weet hy dat die somer net om die draai is. Nou ja, al hierdie dinge wat Ek so pas vir julle vertel het, moet vir julle soos die ‘blaartjies en blommetjies’ wees wat sê dat God se nuwe wêreld voor die deur is. “Luister mooi. Wat Ek nou sê, is spesiaal vir julle bedoel. In julle leeftyd sal hierdie dinge al begin gebeur. Moenie dink dis net praatjies nie. Julle dink die hemel en die aarde staan vas, maar Ek sê vir julle dat my woorde nog honderd maal vaster staan. “Staan reg vir daardie groot dag. Wees gereed. Moenie julle oorgee aan dronkpartytjies en allerhande vieslike sondes nie. Moet ook nie so besig raak met julle werk dat julle vergeet om te kyk hoe laat dit al op God se horlosie is nie. Dan gaan daardie dag julle heeltemal onkant betrap. Moenie soos baie ander mense op die laaste dag benoud begin rondhardloop omdat julle nie gereed is nie. “Ek waarsku julle nou voor die tyd: kry julle lewe in orde. Vandag nog! Bid elke dag dat die Here julle sal oppas en julle sal help om reg te leef. Dan sal julle vol vreugde voor die Seun van die mens gaan staan.” In daardie tyd het Jesus elke dag na die tempel toe gegaan om met die mense te praat oor God se nuwe wêreld. In die aande het Hy op die Olyfberg net buitekant Jerusalem gaan slaap. ’n Groot skare mense het al vroeg elke oggend na die tempel toe gestroom om te hoor wat Hy sê.

LUKAS 21:20-38 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle kennis neem dat sy vernietiging aangebreek het. Dan moet die mense wat in Judea is, na die berge toe vlug, en die mense wat in die middel van die stad self is, moet dit ontruim, en die mense wat op die platteland is, moet nie Jerusalem binnegaan nie. “Daardie dae is dae van vergelding sodat wat geskryf staan in vervulling moet gaan. Groot ellende wag op die verwagtende vroue en ook op dié wat nog borsvoed gedurende daardie dae, want daar sal groot benoudheid in die land heers en God se toorn sal op hierdie volk rus. Sommige sal deur die skerpkant van die swaard omkom en ander sal as gevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal vertrap word deur die vreemde nasies totdat die tyd van die nasies verby is.” “Daar sal wondertekens wees wat die son, maan en sterre betref. En op die aarde sal daar onrus onder die nasies wees uit angs vir die gebulder van die see en sy golwe. “Mense word flou van vrees en van die voorbodes oor wat nog vir die wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemel sal geskud word. En dan sal hulle vir My, die Seun van die Mens, sien kom op ’n wolk met krag en groot heerlikheid. Wanneer hierdie dinge begin gebeur, staan dan fier en regop en lig julle koppe op, want dan het julle verlossing naby gekom.” Jesus het toe aan hulle ’n gelykenis vertel: “Let op die vyeboom en al die ander bome. Wanneer julle sien dat hulle begin bot, weet julle uit julle eie dat die somer naby is. Net so weet julle ook dat die koningsheerskappy van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. “Ek verseker julle, hierdie geslag sal beslis nie uitsterf voordat alles gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde sal beslis nie vergaan nie.” “Spits julle daarop toe dat julle sinne nie afgestomp word van te veel eet en drink en deur die bekommernisse van die lewe nie, en dat daardie dag julle nie onverhoeds soos ’n strik oorval nie. Want daardie dag sal oor al die aardbewoners kom. Wees wakker en bid altyddeur vir krag om alles wat gaan gebeur, veilig te deurstaan sodat julle kan verskyn voor My, die Seun van die Mens.” Bedags was Jesus besig om in die tempel onderrig te gee en snags het Hy uitgegaan en op die Olyfberg gaan oornag. En soggens vroeg het die hele volk na Hom kom luister in die tempel.