LUKAS 20:17
LUKAS 20:17 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ernstig na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken hierdie woorde in die Psalms: “ Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword.
LUKAS 20:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
LUKAS 20:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus het hulle aangekyk en gesê: “Wat beteken hierdie Skrifwoord dan: “ ‘Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword’ ?
LUKAS 20:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hulle stip aangekyk en gesê: “Wat beteken dit dan wat geskryf staan: “ ‘Die klip wat die bouers afgekeur het, juis dit het die hoeksteen geword.’ ”
LUKAS 20:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hulle aanskou en gesê: Wat is dit dan wat geskrywe is: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?
LUKAS 20:17 Die Boodskap (DB)
Jesus het hulle egter reguit in die oë gekyk en vir hulle gesê: “Julle is mos sulke danige kenners van die Bybel. Wel, sê ’n bietjie vir My wat die volgende teks beteken: ‘’n Klip wat die bouers nie wou gebruik nie en sommer eenkant toe gegooi het, het God reg bokant die voordeur ingebou vir almal om te sien.’