LUKAS 17:17-19
LUKAS 17:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Jesus was verbaas en Hy sê toe: “God het tien melaatse mans gesond gemaak. Waar is die ander nege? Het hulle nie ook dankbaar gevoel en teruggekom om God te prys nie? Hierdie man is nie 'n Jood nie, maar hy alleen het dankbaar gevoel.” Jesus het vir die Samaritaanse man gesê: “Staan op en gaan huis toe. Jy het geglo, en daarom het God jou gered.”
LUKAS 17:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie? En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
LUKAS 17:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?” En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”
LUKAS 17:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus antwoord hom toe: “Is daar dan nie tien gereinig nie? Waar is die ander nege? Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te loof, behalwe hierdie vreemdeling nie?” Toe sê Hy vir die man: “Staan op en gaan! Jou geloof het jou gered.”
LUKAS 17:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus antwoord en sê: Is daar nie tien gereinig nie? maar waar is die nege? Daar word nie gevind wat teruggekeer het om aan God eer te gee nie, behalwe hierdie vreemdeling. En hy sê vir hom: Staan op, gaan heen; jou geloof het jou gesond gemaak.
LUKAS 17:17-19 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir hom: “Julle is mos tien persone wat nou net gesond geword het. Nou waar’s die ander nege dan? Dit lyk My hulle glo nie God het hulle eens en vir altyd genees nie. Daarom dat hulle nie omgedraai en kom dankie sê het soos jy nie. Jy begryp baie beter as daardie nege Israeliete wie Ek is. Staan nou op en gaan in vrede. Jou geloof het gemaak dat jou saak met God nou in orde is.”
LUKAS 17:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe merk Jesus op: “Was daar dan nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God te loof behalwe hierdie vreemdeling nie?” Aan hierdie man het Hy gesê: “Staan op, gaan. Jou geloof het jou gered.”