LUKAS 16:10-15
LUKAS 16:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan. As julle dan nie betroubaar was wat die oneerlike Mammon betref nie, wie sal julle met die ware rykdom vertrou? En as julle nie betroubaar was met 'n ander se goed nie, wie sal vir julle gee wat julle toekom? Geen huiskneg kan twee base dien nie, want hy sal óf die een haat en die ander een liefhê, óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” Die •Fariseërs, wat geldgierig was, het na al hierdie dinge geluister, en smalend oor Hom gepraat. Hy sê toe vir hulle: “Dit is julle wat julleself voor die mense regverdig voordoen, maar God ken julle harte. Want dit wat deur mense hoog aangeskryf word, is 'n gruwel voor God.
LUKAS 16:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees. As jy selfs ’n klein bietjie oneerlik is, sal jy nie eerlik wees met groot verantwoordelikhede nie. En as julle onbetroubaar is met wêreldse rykdom, wie sal julle vertrou met die werklike rykdom van die hemel? En as julle nie betroubaar is met ander mense se geld nie, waarom sal julle met julle eie geld vertrou word? “Niemand kan twee eienaars dien nie. Want jy sal die een haat en die ander liefhê, of die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én geld dien nie.” Die Fariseërs wat baie lief was vir hulle geld het natuurlik hiermee gespot. Hy sê toe vir hulle: “Julle wil graag in die openbaar goed voorkom, maar God ken julle bose harte. Wat hierdie wêreld vereer, is ’n gruwel in die oë van God.
LUKAS 16:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit? “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. Hy sê toe vir hulle: “Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God.
LUKAS 16:10-15 Die Boodskap (DB)
“Julle moet eerlik wees, selfs ook in die heel kleinste dingetjies wat julle doen. As julle vertrou kan word met kleingeld, sal julle ook vertrou kan word met ’n hele sak vol geld. Aan die ander kant, as julle nie eens vertrou kan word met ’n paar sent nie, hoe sal julle dan eerlik wees wanneer julle besigheid doen? Moenie toelaat dat die geldgod julle in sy kloue beetkry nie. Dan gaan julle ander mense probeer uitbuit. As julle nie eerlik kan wees met geld in hierdie oneerlike wêreld waarin julle leef nie, hoe sal Ek dan ooit my nuwe wêreld aan julle sorg kan toevertrou? “Maak ’n keuse vir wie julle wil werk: óf vir God, óf vir die geldgod. Julle kan nie vir albei tegelyk werk nie. Net soos dit onmoontlik is om twee voltydse werke te hê, is dit onmoontlik om voor twee here te buig. So, kies!” ’n Klompie Fariseërs, wat baie lief vir geld was, het gehoor wat Jesus sê en begin toe met Hom spot. “Ja, spot maar!” het Jesus geantwoord. “Julle maak asof julle nooit ’n voet verkeerd sit nie. Julle beïndruk almal met julle vroomheid, maar God kyk dwarsdeur julle. Hy weet baie goed wat binne-in julle aangaan. En weet julle wat? Hy hou niks van julle nie. Julle walg Hom! “Maar Ek het nog ander slegte nuus vir julle: julle godsdiens is uit die mode. Ja, julle het reg gehoor: dis uitgedien! Al julle wette en reëls behoort tot die verlede.
LUKAS 16:10-15 Bybel vir almal (ABA)
Iemand wat goed werk met iets wat nie kosbaar is nie, sal ook goed werk met die dinge wat kosbaar is, die dinge wat God gee. Maar iemand wat sleg werk met iets wat nie kosbaar is nie, sal ook sleg werk met die dinge wat kosbaar is, die dinge wat God gee. As julle die geld en goed verkeerd gebruik wat God in hierdie wêreld gee, dan sal God nie vir julle dinge gee wat kosbaar is nie. En as julle nie reg werk met ander mense se goed nie, dan sal God ook nie vir julle iets gee wat aan julle kan behoort nie. 'n Werker kan nie vir twee persone werk nie, want hy sal niks hou van die een persoon nie en hy sal baie hou van die ander persoon, óf hy sal hard werk vir die een persoon en hy sal niks wil doen vir die ander persoon nie. Julle kan nie vir God dien en óók dink geld en goed is ook so belangrik soos Hy nie.” Toe die Fariseërs al hierdie dinge hoor, het hulle vir Jesus uitgelag, want hulle was baie lief vir geld. En Jesus het vir die Fariseërs gesê: “Wanneer die mense julle kan sien, dan maak julle of julle baie goed is, maar God ken julle harte. Party dinge wat vir mense wonderlik is, is dinge waarvan God niks hou nie.
LUKAS 16:10-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? En as julle nie getrou was in 'n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee? Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie. EN die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp. En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is 'n gruwel voor God.
LUKAS 16:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik. As julle dan nie betroubaar is in die hantering van die oneerlike mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? As julle met 'n ander man se goed nie betroubaar is nie, wie sal dan iets aan julle gee om as julle eie te besit? “Geen huisbediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag. Hy sê toe vir hulle: “Julle is dié wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is 'n gruwel voor God.
LUKAS 16:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie in die geringste betroubaar is, is ook betroubaar waar dit om baie gaan, en wie in die geringste oneerlik is, is ook oneerlik waar dit om baie gaan. As julle dan nie betroubaar was wat die oneerlike Mammon betref nie, wie sal julle met die ware rykdom vertrou? En as julle nie betroubaar was met 'n ander se goed nie, wie sal vir julle gee wat julle toekom? Geen huiskneg kan twee base dien nie, want hy sal óf die een haat en die ander een liefhê, óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.” Die •Fariseërs, wat geldgierig was, het na al hierdie dinge geluister, en smalend oor Hom gepraat. Hy sê toe vir hulle: “Dit is julle wat julleself voor die mense regverdig voordoen, maar God ken julle harte. Want dit wat deur mense hoog aangeskryf word, is 'n gruwel voor God.
LUKAS 16:10-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat in die geringste onregverdig is, is ook in die grote onregverdig. As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal die ware rykdom aan julle toevertrou? En as julle nie getrou was in wat 'n ander man s'n is nie, wie sal aan julle wat aan julle behoort, gee? Geen dienskneg kan twee here dien nie, want óf hy sal die een haat en die ander liefhê; anders sal hy die een vashou en die ander een verag. Julle kan nie God en Mammon dien nie. En ook die Fariseërs, wat begerig was, het al hierdie dinge gehoor, en hulle het Hom uitgelag. En Hy sê vir hulle: Dit is julle wat julleself regverdig voor die mense; maar God ken julle harte, want wat onder die mense hoog geag word, is 'n gruwel in die oë van God.