LUKAS 11:24-26
LUKAS 11:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wanneer ’n onrein gees iemand verlaat, gaan hy die woestyn in op soek na rus. Maar as hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na die persoon toe waar ek vandaan kom.’ Hy gaan dus terug en kry sy vorige tuiste uitgevee en skoon. Dan gaan haal hy sewe ander geeste erger as hyself, en trek in die persoon in en bly in hom. En so is daardie persoon slegter daaraan toe as voorheen.”
LUKAS 11:24-26 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens uitgaan, dan gaan hy deur plekke waar daar nie water is nie en hy soek 'n plek waar hy kan woon. As hy nie 'n plek kry waar hy kan woon nie, dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my eerste huis, die mens in wie ek gewoon het.’ Dan kom die onrein gees terug na daardie mens toe, en hy sien daardie mens is soos 'n huis wat skoon en netjies is. Dan gaan haal hy sewe ander geeste wat nog slegter is as hy. Hulle gaan almal saam, en hulle gaan woon in daardie mens. Wanneer dit gebeur, dan is daardie mens nog slegter as wat hy was.”
LUKAS 11:24-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus; en as hy dit nie vind nie, sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit uitgevee en versierd. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy self, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste.
LUKAS 11:24-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens uitgaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis toe waar ek uitgegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n man slegter daaraan toe as aan die begin.”
LUKAS 11:24-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wanneer 'n •onrein gees 'n mens verlaat, swerf hy deur waterlose streke op soek na rus, sonder om dit te vind. Dan sê hy, ‘Ek sal terugkeer na my huis wat ek verlaat het.’ En by sy terugkeer vind hy dit uitgevee en aan die kant gemaak. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, slegter as hyself, trek in en woon daar. Die uiteinde van daardie mens is erger as sy begin. ”
LUKAS 11:24-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer die onrein gees uit 'n mens uitgegaan het, loop hy deur droë plekke en soek rus; en terwyl hy niks vind nie, sê hy: Ek sal terugkeer na my huis waar ek uitgegaan het. En as hy kom, vind hy dit gevee en versier. Daarna gaan hy en neem sewe ander geeste, slegter as hy, na hom toe; en hulle gaan in en woon daar, en die laaste toestand van daardie man is erger as die eerste.
LUKAS 11:24-26 Die Boodskap (DB)
“Weet julle, wanneer ’n onrein gees uit ’n mens se lewe padgee, gaan soek hy vir hom ’n ander blyplek. As hy na ’n lang soektog nie ’n rusplek kry nie, sê hy vir homself: ‘Ek is moeg gesoek. Ek gaan gou kyk wat van die plek geword het waar ek eers gebly het.’ Daar gekom, vind hy die plek dan dolleeg, mooi skoon en reg. Dan gaan haal hy sommer nog sewe ander bose geeste wat blyplek soek. En hulle is nog slegter as hy. Die hele spul van hulle gaan trek dan saam daar in. Sowaar, vir so iemand sou dit baie beter gewees het as hy nie die eerste keer uit die mag van die bose gees bevry is nie. Hy moes God liewer in sy lewe toegelaat het toe hy die keuse gehad het.”
LUKAS 11:24-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wanneer ’n onrein gees iemand verlaat, gaan hy die woestyn in op soek na rus. Maar as hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na die persoon toe waar ek vandaan kom.’ Hy gaan dus terug en kry sy vorige tuiste uitgevee en skoon. Dan gaan haal hy sewe ander geeste erger as hyself, en trek in die persoon in en bly in hom. En so is daardie persoon slegter daaraan toe as voorheen.”