LUKAS 11:2-4
LUKAS 11:2-4 Bybel vir almal (ABA)
Jesus sê toe vir hulle: “Wanneer julle bid, dan moet julle sê: “Vader, ons bid dat al die mense u heilige Naam sal eer omdat U God is. Ons bid dat die tyd moet kom wanneer almal sal weet U is Koning. Gee vir ons die kos wat ons elke dag nodig het. En vergewe ons alles wat ons verkeerd gedoen het, want ons vergewe ook ander mense wat teen ons verkeerd gedoen het. Help ons dat niks sal gebeur wat ons verkeerd sal laat doen nie.”
LUKAS 11:2-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons elke dag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
LUKAS 11:2-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê dan: “Vader, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom. Gee ons elke dag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie.”
LUKAS 11:2-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het vir hulle gesê: “Wanneer julle bid, moet julle sê, “ ‘Vader, laat u Naam geheilig word. Laat u •koninkryk kom. Gee ons elke dag ons daaglikse brood en vergeef ons ons sondes; want ook ons vergeef elkeen wat teenoor ons skuldig staan. En bring ons nie in versoeking nie.’ ”
LUKAS 11:2-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word. U koninkryk kom. U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. Gee ons dag vir dag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons sondes; want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is. En lei ons nie in versoeking nie; maar verlos ons van die bose.
LUKAS 11:2-4 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe vir hom: “Hier is ’n voorbeeld van hoe julle met God moet praat: “Ons Vader, laat almal op aarde groot eerbied vir u heilige Naam hê. Laat u nuwe wêreld tog gou aanbreek. Gee ons asseblief elke dag genoeg om van te leef. Vergeef ons waar ons nie doen wat U van ons vra nie, net soos ons almal vergewe wat nie reg teenoor ons optree nie. En help ons om nooit te swig voor versoekings nie.”
LUKAS 11:2-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het geantwoord: “Dit is hoe julle moet bid: ‘Vader, laat u Naam geheilig word. Laat u koningsheerskappy begin. Gee ons die porsie brood wat ons vir elke dag nodig het. En vergewe ons ons sondes, net soos ons dié wat teen ons gesondig het, vergewe. En bring ons nie in die versoeking nie.’”