LUKAS 10:19-20
LUKAS 10:19-20 Bybel vir almal (ABA)
Onthou, Ek het vir julle gesê julle kan op slange en skerpioene trap, en hulle sal niks aan julle kan doen nie. Ook as my vyand, die Satan, probeer om julle aan te val, sal hy niks kan doen aan julle nie. Julle moet bly wees, maar moenie net bly wees omdat die bose geeste na julle luister nie. Julle moet meer bly wees omdat God julle name opgeskryf het in die hemel.”
LUKAS 10:19-20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
LUKAS 10:19-20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.”
LUKAS 10:19-20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, Ek het aan julle gesag gegee om op slange en skerpioene te trap, en ook oor al die mag van die vyand. Niks sal julle enige skade kan aandoen nie. En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie. Wees eerder bly dat julle name reeds in die hemel opgeskryf is. ”
LUKAS 10:19-20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die mag van die vyand, en niks sal julle hoegenaamd skade doen nie. Maar julle nie daaroor verheug dat die geeste aan julle onderdanig is nie; maar wees liewer bly, want julle name is in die hemel opgeskryf.
LUKAS 10:19-20 Die Boodskap (DB)
“Maar Ek het nog goeie nuus vir julle: Ek gee aan julle mag oor die duiwel en oor sy handlangers se terrein waar daar baie dinge is wat julle skade kan aandoen. Julle het nou mag oor al sy bose magte. Sy slange en skerpioene sal julle geen skade aandoen nie. Omdat julle in My glo, is julle nou sterker as al my vyande. Maar wag, julle moenie feesvier omdat daardie bose magte voor julle die knie buig nie. Nee, vier liewer fees omdat daar vir julle plek in my Vader se nuwe wêreld is. Julle name is klaar op die lys van die gaste wat na sy hemelse feesmaal toe genooi is.”
LUKAS 10:19-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel. Niks sal julle beseer nie. Maar moenie bly wees net omdat bose geeste julle gehoorsaam nie; wees bly omdat julle name opgeteken is as burgers van die hemel.”