LUKAS 10:17-19
LUKAS 10:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.” Toe sê Hy vir hulle: “Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val. Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.
LUKAS 10:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die twee-en-sewentig het vol blydskap teruggekeer en gesê: “Here, selfs die demone onderwerp hulle aan ons op grond van u Naam.” Toe sê Hy vir hulle: “Ek het Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val. Kyk, Ek het aan julle gesag gegee om op slange en skerpioene te trap, en ook oor al die mag van die vyand. Niks sal julle enige skade kan aandoen nie.
LUKAS 10:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Die 72 dissipels het teruggekom en hulle was bly en opgewonde oor alles wat gebeur het. Hulle het vir Jesus gesê: “Here, ook die duiwels luister na ons wanneer ons u Naam gebruik om hulle uit mense te jaag.” Toe sê Jesus vir hulle: “Ek het gesien hoe die Satan skielik uit die hemel val, soos wanneer weerlig uit die hemel kom. Onthou, Ek het vir julle gesê julle kan op slange en skerpioene trap, en hulle sal niks aan julle kan doen nie. Ook as my vyand, die Satan, probeer om julle aan te val, sal hy niks kan doen aan julle nie.
LUKAS 10:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
LUKAS 10:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels is aan ons onderdanig deur u Naam. En hy sê vir hulle: Ek het Satan soos weerlig uit die hemel sien val. Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die mag van die vyand, en niks sal julle hoegenaamd skade doen nie.
LUKAS 10:17-19 Die Boodskap (DB)
Later het die 72 volgelinge van Jesus teruggekom van die plekke af waarheen Hy hulle gestuur het. Hulle was baie opgewonde. Hulle sê toe vir Jesus: “Weet U, Here, tot die duiwels luister na ons wanneer ons hulle in u Naam uit mense uitdryf.” “Maar natuurlik,” het Jesus geantwoord. “Ek is mos baie sterker as hulle. Ek het immers self gesien hoe die duiwel uit die hemel gegooi is. So vinnig soos ’n weerligstraal is hy daar uit God se terrein verwyder. “Maar Ek het nog goeie nuus vir julle: Ek gee aan julle mag oor die duiwel en oor sy handlangers se terrein waar daar baie dinge is wat julle skade kan aandoen. Julle het nou mag oor al sy bose magte. Sy slange en skerpioene sal julle geen skade aandoen nie. Omdat julle in My glo, is julle nou sterker as al my vyande.
LUKAS 10:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die 72 dissipels terugkom, het hulle met vreugde gesê: “Here, selfs die bose geeste gehoorsaam ons wanneer ons u Naam gebruik!” “Ja,” het Hy hulle vertel. “Ek het Satan uit die hemel sien val soos ’n weerligstraal! En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel. Niks sal julle beseer nie.