LUKAS 1:46-50
LUKAS 1:46-50 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maria het toe gesê: “My siel loof die Here, my gees jubel oor God my Verlosser, want Hy het die nederigheid van sy diensmeisie raakgesien. Kyk, van nou af sal alle geslagte my gelukkig noem, want die Magtige het groot dinge vir my gedoen – ja, heilig is sy Naam. Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan hulle wat vir Hom ontsag het.
LUKAS 1:46-50 Die Boodskap (DB)
Maria het toe gesê: “Ek maak die Naam van die Here groot. Ek juig oor God. Hy is my Redder. Ek is glad nie belangrik nie, ek is maar een van God se diensmeisies; tog het Hy my raakgesien. Van nou af sal my naam op almal se lippe wees. Alle geslagte sal sê dat ek die gelukkigste vrou op die aarde is, want die Almagtige het groot dinge aan my gedoen. Hy is heilig. Daar is niemand soos Hy nie. Sy goedheid hou aan van geslag tot geslag. Die Here het magtige dinge gedoen.
LUKAS 1:46-50 Bybel vir almal (ABA)
Toe het Maria gesê: Ek prys die Here met my hele hart. My hart is bly oor God wat my red. Hy het my gesien en gehelp, vir my, sy nederige dienaar. Van nou af sal al die mense sê ek is baie gelukkig, want God wat alles kan doen, het wonderlike dinge vir my gedoen. Sy Naam is heilig. Hy sal altyd goed wees vir die mense wat Hom eer.
LUKAS 1:46-50 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Maria het gesê: My siel maak die Here groot, en my gees is verheug in God, my Saligmaker; omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem. Want Hy wat magtig is, het groot dinge aan my gedoen, en heilig is sy Naam. En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees.
LUKAS 1:46-50 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Maria het gesê: “Ek besing die grootheid van die Here, ek juig oor God, my Verlosser, omdat Hy na my in my geringheid omgesien het. Kyk, van nou af sal elke nuwe geslag my gelukkig noem, omdat Hy wat magtig is, groot dinge aan my gedoen het. Heilig is sy Naam! Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer.
LUKAS 1:46-50 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Maria sê: My siel maak die Here groot, En my gees het hom verbly in God, my Verlosser. Want hy het die geringe eiendom van sy diensmaagd aanskou, want kyk, van nou af sal al die geslagte my geseënd noem. Want Hy wat sterk is, het groot dinge aan my gedoen; en heilig is sy naam. En sy barmhartigheid is van geslag tot geslag oor die wat Hom vrees.
LUKAS 1:46-50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maria het geantwoord: “Ek prys die Here. Ek juig in God my Verlosser! Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie, en nou sal geslag na geslag my geseënd noem. Want Hy, die magtige Een, het groot dinge vir my gedoen. Heilig is sy Naam! Sy ontferming strek van geslag tot geslag oor almal wat Hom eer.