LEVITIKUS 7:11-16
LEVITIKUS 7:11-16 Bybel vir almal (ABA)
“En dit is hoe iemand vir die Here 'n ete-offer moet bring: As hy offer om vir die Here dankie te sê, dan moet hy saam met die dank-offer ook ongesuurde rondebrood van meel offer. Hy moet dit meng met olyf-olie, ongesuurde roosterkoek waarop hy olyf-olie gesmeer het, en rondebrood van die beste meel wat hy gemeng het met olyf-olie. Saam met die dank-offer, sy ete-offer, moet hy ook 'n offer bring van rondebrood wat hy met suurdeeg gebak het. Hy moet 'n deel van alles wat hy offer, vir die Here present gee. Die priester wat die bloed van die ete-offers sprinkel, moet dit kry. Die persoon wat die offer bring en sy mense moet die vleis vir die dank-offer, die ete-offer, op-eet op die dag wanneer hy dit bring. Daar mag niks oorbly tot die volgende dag nie. As hy offer omdat hy 'n gelofte gemaak het of omdat hy self besluit het om 'n offer te bring, dan eet hulle die vleis op die dag wanneer hy die offer bring, maar as daar vleis oorbly, dan mag hulle dit die volgende dag eet.
LEVITIKUS 7:11-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring: Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng; saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring. En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe. Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie. En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.
LEVITIKUS 7:11-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die reëlings oor die maaltydoffers wat vir die Here aangebied word, is soos volg: as iemand dit aanbied as dankoffer, bied hy saam met die dankoffer ongesuurde ringbrood aan, met olie geknie, of ongesuurde roosterkoek met olie gesmeer, of 'n deegmengsel vir ringbrood, met olie geknie. Hy bied sy offer aan saam met ringbrood met suurdeeg, saam met sy maaltydoffer waarmee hy sy dank wil uitspreek. Hy bied een brood uit elk van hierdie offers aan as 'n spesiale gawe aan die Here. Die priester wat die bloed van die maaltydoffers sprinkel, kry die brood. “Die vleis van die maaltydoffer waarmee iemand sy dank wil uitspreek, word geëet op die dag van die offer. Dit mag nie oorstaan tot die volgende môre nie. “As iemand 'n offer aanbied om 'n gelofte na te kom of as hy 'n ander vrywillige offer aanbied, word die vleis dieselfde dag geëet. Wat oorbly, mag ook nog die volgende dag geëet word
LEVITIKUS 7:11-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Dit is die voorskrifte vir 'n •maaltydoffer wat vir die HERE gebring word: As iemand dit uit dankbaarheid bring, moet hy saam met die •dankoffer ongesuurde brood aanbied: ringbrode, klam gemaak met olyfolie, platbrode, gesmeer met olyfolie, en gesifte meel, klam gemaak met olyfolie en deurgeknie. Saam met die ringbrode moet hy brood met suurdeeg gebak aanbied by sy maaltydoffer wat hy as dankoffer bring. Van elke soort brood van die offer moet hy een aanbied as 'n •wydingsgeskenk aan die HERE. Dit is bedoel vir die priester wat die bloed van die maaltydoffer sprinkel; dit kom hom toe. Die vleis van sy maaltydoffer wat iemand uit dankbaarheid bring, moet op die dag van sy offer geëet word. Niks daarvan mag oorbly tot die volgende oggend nie. “ ‘As sy offergawe 'n slagoffer is, ná 'n gelofte of vrywillig, moet dit op dieselfde dag wat hy sy offer bring, geëet word. Wat daarvan oorbly tot die volgende dag, mag ook nog geëet word.
LEVITIKUS 7:11-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit is die wet van die dankoffer wat hy aan die HERE moet bring. As hy dit as dankoffer bring, moet hy saam met die lofoffer ongesuurde koeke gemeng met olie en ongesuurde platkoeke wat met olie gesalf is, en koeke gemeng met olie, fyn meel, gebraai. Behalwe die koeke moet hy as sy offer gesuurde brood saam met die dankoffer van sy dankoffers offer. En daarvan moet hy een uit die hele spysoffer as hefoffer aan die HERE berei, en dit moet aan die priester behoort wat die bloed van die dankoffers sprinkel. En die vleis van die dankoffer van sy dankoffer moet geëet word op dieselfde dag as wat dit gebring word; hy mag niks daarvan laat tot die môre toe nie. Maar as die offer van sy offer 'n gelofte of 'n vrywillige offer is, moet dit geëet word op dieselfde dag as wat hy sy offer bring
LEVITIKUS 7:11-16 Die Boodskap (DB)
Nou volg die aanwysings vir die offer wat vir die Here gebring word om die verbintenis met Hom te versterk: “As iemand hierdie offer bring om vir die Here dankie te sê, bring hy saam met die offer ook brood waarin daar nie suurdeeg is nie en wat in olie gebak is, of beskuitjies sonder suurdeeg wat in olie gedoop is, of ’n roosterkoek wat in olie geweek is. Saam met hierdie offer waarmee hy dankie wil sê, bring hy verder ook nog ’n ronde brood waarin daar wel suurdeeg is. Hy vat van elkeen van hierdie verskillende soorte brood en bied dit vir die Here as ’n buitengewone offer aan. Die dienaar wat dit na die altaar vat, mag self ook daarvan eet. “Die vleis van die offer waarmee iemand kom dankie sê, moet op dieselfde dag waarop die offer gebring word, opgeëet word. Daar mag niks daarvan oorbly tot die volgende oggend nie. As iemand ’n offer vir die Here bring om ’n belofte na te kom, of sommer net vrywillig iets vir die Here offer, moet dit nog dieselfde dag geëet word. As daar wel iets oorbly, mag dit egter nog op die volgende dag geëet word.
LEVITIKUS 7:11-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Hier volg die instruksies vir die verskillende soorte maaltydoffers wat vir die HERE gebring mag word. As jy ’n maaltydoffer as ’n dankoffer bring, moet die gebruiklike offerdiere saam met verskillende soorte brood sonder enige suurdeeg gebring word. Dit moet in olyfolie gedoop word. Dit kan ringbrood, of dun broodjies of roosterkoeke wees. By hierdie maaltydoffer wat as danksegging gebring word, moet daar ook brode wees wat met suurdeeg gemaak is. Een van elke soort brood moet as ’n gawe vir die HERE gegee word. Hierdie brood sal dan aan die priester behoort wat die altaar met die bloed van die offerdier besprinkel het. Die vleis van die offerdier moet op dieselfde dag as wat dit geslag is, geëet word. Niks mag oorbly tot die volgende oggend toe nie. “As jy egter ’n offer bring om ’n gelofte na te kom, of as jy ’n vrywillige offer bring, moet die vleis op dieselfde dag geëet word. Vleis wat oorbly, mag wel ook op die volgende dag geëet word.