LEVITIKUS 26:9
LEVITIKUS 26:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
LEVITIKUS 26:9 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vir julle sorg en Ek sal julle vrugbaar maak sodat julle baie sal word. Ek sal my verbond met julle hou en doen wat Ek belowe het.
LEVITIKUS 26:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal vir julle goed wees en julle vrugbaar maak sodat julle 'n groot nasie sal word. So sal Ek my verbond met julle nakom.
LEVITIKUS 26:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal na julle omsien, julle vrugbaar maak en julle laat vermeerder. Ek sal my verbond met julle gestand doen.
LEVITIKUS 26:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Ek sal vir julle ag gee en julle vrugbaar maak en julle vermeerder en my verbond met julle oprig.