LEVITIKUS 26:6
LEVITIKUS 26:6 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal vrede gee in die land, en julle sal rustig slaap. Ek sal die wilde diere wegvat uit die land, en daar sal nie oorlog kom in die land nie.
LEVITIKUS 26:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
LEVITIKUS 26:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap: Ek sal die ongediertes uitroei en daar sal nie oorlog in julle land kom nie.
LEVITIKUS 26:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Ek sal vrede gee in die land. Julle sal gaan lê en niemand sal julle opjaag nie. Ek sal die ongediertes uit die land verwyder en 'n swaard sal nie deur julle land trek nie.
LEVITIKUS 26:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal vrede gee in die land, en julle sal gaan lê, en niemand sal julle verskrik nie; en Ek sal bose diere uit die land uitroei, en die swaard sal nie deur julle land trek nie.